1 Thessalonisense

Tyd plek en Outeur

Paulus se 1ste brief, geskryf vanuit Korinthe, onmiddelik na die aankoms van Timoteus, 1 Tess 3:6.

Tyd – 50 nC

Dat die name van Silas (Silanus) en Timoteus in die aanhef voorkom, moet daardeur aanvaar word dat hulle as mede arbeiders kennis dra van die inhoud van die brief.

Die brief is gerig aan die gemeente van Thessalonika.

Agtergrond

Hand 17:1 vertel hoe Paulus, Timoteus en Silas op hul 2de sendingreis, na hul gewelddadige behandeling in Filippi (Hand 16:11-40) verder gereis en in Thessalonika gekom het.

Die woorde van Hand 17:1 “waar daar ‘n Joodse sinagoge was”, verklaar ten dele hoekom Paulus juis daar sy reis onderbrek het.

Thessalonika, die grootste hawe en handelstad, die hoofstad van die Romeinse provinsie Maceonië (sedert 146 vC), vanweë sy ligging en sy gemengde bevolking naamlik Grieke, Romeine en Jode, ‘n geskikte stad vir die verspreiding van die evangelie.

Paulus preek eers in die sinagoge van die Jode vir 3 sabatte aaneen (Hand 17:2) en as die Jode aanstoot neem, begin hy met sy werk onder die heidene.  ‘n Geringe aantal Jode, heelwat Grieke en vooraanstaande Griekse vroue word bekeer en ‘n gemeente word gestig (Hand 17:4).

‘n Kort tydjie verkondig Paulus die evangelie in Thessalonika, maar moet dan as gevolg van oproer vanweë ‘n klag deur die Jode, Thessalonika skielik in die nag (Hand 17:10) verlaat.  Die werk van Paulus kom skielik tot ‘n einde.

Na ‘n kort verblyf in Berea, waar Silas en Timoteus voorlopig agtergelaat word (Hand 17:14), gaan Paulus na Athene (Hand 17:16-34) en van daar na Korinthe (Hand 18:1-17).

Doel van skrywe

Met Paulus se skielike vertrek uit die gemeente wat maar enkele weke oud was, sou daar baie dinge ongedaan gelaat word.  Paulus is besorg oor die toestand van die jong gemeente en probeer by herhaling tevergeefs om na sy gemeente wat in gevaar verkeer terug te gaan (1 Thess 2:17-20).

Toe Paulus dit nie langer kon uithou nie, stuur hy Timteus van Athene na hulle terug (1 Thess 3:2).  Timoteus het hom later in Korinthe weer by Paulus gevoeg (Hand 18:5), met berigte aangaande die toestand van die jong gemeente in Thessalonika.  Die berigte was ten dele besonder verblydend en ten dele verontrustend.

So verneem Paulus van Timoteus:

  1. Dat die vyande van die Kerk opsetlik sy naam en goeie karakter belaster, vergelyk sy verdediging in hoofstuk 2.
  2. Dat daar onder sommige lede van die gemeente ‘n sekere losheid op sedelike gebied oorgebly het, volgens die vermaninge gerig in 1 Thes 4:1-12.
  3. Dat daar sekere onsekerheid is met betrekking tot die wederkoms van die Here.  Die probleem was of die dood hulle die heerlikheid van Sy wederkoms sou ontneem.  1 Thess 4:13-18 en 1 Thess 5:1-11 word aan hulle gerig.
  4. Dat sekere persone, gedrewe deur ‘n verkeerde opvatting aangaande die nabyheid van die dag van die Here, hul dagtake laat vaar het.

Die gevolg tot die skrywe van 1 Thessalonisense is die aankoms en berigte van Timoteus.  Paulus skrywe die 1ste brief aan die gemeente om te antwoord op die beskuldiginge teen hom ingebering en hulle te onderrig aangaande die spesifieke probleme waarvan hy van Timoteus verneem het.

vers 1: “Paulus, Silvanus en Timoteus, aan die gemeente van die Thessalonisense, in God die Vader en die Here Jesus Christus:  Genade vir julle en vrede.”

Paulus – hier sonder die ampstitel “apostel” omdat sy aposotoliese gesag in Thessalonika nie in twyfel getrek is nie.

Silvanus – die Latynse vorm van Silas, een van die leiers in Jerusalem, wat as Joodse en Romeinse burger Paulus tydens sy 2de sendingreis vergesel het (Hand 16:37) en Timoteus (Hand 16:1).

Die naam van Silvanus word voor dié van Timoteus genoem, vermoedelik omdat hy ouer was en ‘n meer prominente rol gespeel het by die stigting van die gemeente in Thessalonika.

Timoteus – Paulus se bekendste dissipel, was saam op Paulus se 2de en 3de sendingreise en naby Paulus gebly het tydens sy Romeinse gevangenskap (Fil 1:1 / Kol 1:1).  Timoteus dien later in die kerk in Efese (1 Tim 1:3) waar Paulus 2 briewe later aan hom rig.

“God die Vader en die Here Jesus Christus” –  Paulus benadruk dat die gemeente vergader in die Naam van Jesus, die Seun van God, wie tegelyk God die Vader en Messias is.  Hierdie bekendstelling van God die Vader en Jesus kom as inleiding by alle briewe van Paulus voor.

vers 2:  “Ons dank God altyd oor julle almal wanneer ons aan julle dink in ons gebede”

“Ons dank” Paulus dank God vir hul voortreflike lewenswandel, sien ook Rom 1:8 / 1 Kor 1:4 / Fil 1:3. Te midde van verdrukking het hulle ‘n voorbeeld geword vir die wêreld.

“ons gebede Paulus en sy dissipels bid gereeld vir die gemeentes en 3 gebede is in hierdie brief:  1 Thes 1:2-3 / 3:11 – 13 / 5:23-24.

vers 3:  “Voor God ons Vader onthou ons onophoudelik die uitwerking van julle geloof, die moeitevolle inspanning van julle liefde, en die standvastigheid van julle hoop op ons Here Jesus.”

“geloof, liefde, hoop” Die drie-voudige kombinasie kom ook voor in 1 Thess 5:8 / 1 Kor 13:13 / Kol 1:4-5.

Paulus het ‘n Joodse uitkyk op geloof, nie as ‘n verstandelike gesindheid of as geloofsbelydenis nie, maar ‘n vaste vertroue wat aksie voortbring, vergelyk Hand 3:16.  Liefde is nie ‘n gevoel nie, dit verg harde werk.  Hoop is nie ‘n wens nie, maar ‘n verwagting, gegrond in God se Woord dat Hy Sy beloftes aan sy volgelinge sal vervul.  Die bogenoemde verg uithouvermoë, geduld en deursettingsvermoë.

“hoop” –  Paulus noem dit aan die einde om dit uit te lig.  Daar was ‘n misverstand in die gemeente rakende hul “hoop” in die Messias se tweede koms, met ongeduld en luiheid onder die gemeente-lede ( 1 Thess 5:1-18).

Vers 4:  “Broers, julle vir wie God liefhet, ons weet van julle verkiesing”

Paulus het rede tot dankbaarheid, omdat hy weet dat die Thessalonisense uitverkies is en dus geloofsbroders is, omdat hulle kinders van een Vader is.  Hy weet dit omdat die evangelie met krag by hulle gekom het.

vers 5:  “want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom.  Net so weet julle hoe ons optrede by julle was:  tot julle voordeel.”

“ons evangelie” – Paulus praat wel van “ons” evangelie, dit wil sê die evangelie wat ons aan julle verkondig het, is God die Outeur van die “blye boodskap”.  Paulus noem dit ook “evangelie van God (1 Thess 2:2, 8, 9) en “evangelie van Christus (1 Thess 3:2).

Die prediking van Paulus was ‘n “krag” (evangelie as krag – Rom 1:16) en in die “Heilige Gees” (daarom effektief!) en in “volle versekering” (met baie oortuiging).

“volle versekering” –  en dit na die ondervinding in die gevangenis in Filippi, was slegs moontlik as die Heilige Gees dit gewerk het.

vers 6:  “En hulle het ons voorbeeld gevolg en die van die Here, nadat julle die woord, ten spyte van groot verdrukking, met blydskap van die Heilige Gees ontvang het.”

“voorbeel gevolg” – Die Afr 1953 “navolgers van ons geword”.  Dat die Thessalonisense “navolgers” geword het, is ‘n verdere bewys van hulle uitverkiesing.

“groot verdrukking” – Hier verwys Paulus op die vervolginge wat die gemeente van die Jode, heidene en hul vriende moes verduur, volgens Handelinge 17:5;  1 Thess 2:14;  3:3.

“blydskap van die Heilige Gees ontvang het” – Die Heilige Gees het as vrug ook “blydskap”, sien Gal 5:22 Rom 14:17, Rom 15:13.

vers 7:  “met die gevolg dat julle ‘n voorbeeld vir al die gelowiges in Macedonië en Agaje geword het.”

“voorbeeld” – hull wat nabootsers gword het, word nou ‘n voorbeeld vir die gelowiges in die hele Griekeland.  Die Griekse woord “Tupos” hier gebruik, beskryf:  seël / stempel / merk.  Paulus bedank die gelowiges omdat hulle hul “merk” op ander gelaat het.

“Macedonië en Agaje” – Griekeland is in 142vC deur die Romeine in die provinsies Maceonië (noorde) en Agaje (suide) verdeel.

vers 8:  “Die woord van die Here het immers van julle af nie net in Macedonië en Agaje weerklink nie – julle geloof in God het inderdaad na elke plek versprei.  Gevolglik het ons nie nodig om meer iets daaroor te sê nie.”

“van julle af” –  Die woord van die Here weerklink vanaf Thessalonika na omliggende provinsies en na die buiteland.

“julle geloof in God” – Vanuit Thessalonika as hawestad en sentrum van verkeer sou die berigte gou die wêreld deur versprei.

vers 9:  “Hulle self vertel oor ons van die besondere ontvangs wat ons by julle gekry het:  Hoe julle omgedraai het na God weg van die afgode, om die lewende en ware God te dien.”

“hulle self” – dus die gelowiges wat uit Thessalonika en elders in Korinthe aangekom het.

“omgedraai” –  elders in die Bybel word die woord “bekering” gebruik, sien Hand 2:38, 3:19, 5:31, 20:21.

“weg van die afgode” – Redding behels die wegdraai van sonde.

“die lewende en ware God” – Die wat Christus aangeneem het dien nou die lewende en ware God.  Paulus beklemtoon in die sterkste woorde die verskil tussen God en die afgode.  In teenstelling met die afgode wat niks is nie, sien 1 Kor 8:4, is God die lewende God.  Terwyl die afgode geen gode is nie, maar oneg, sien Gal 4:8, is God waaragtig.  Daarom het Paulus soveel rede tot blydskap.  Hulle, die heidene, het hulle van die nietige en obeduidende, die afgode, bekeer en die lewende en ware God begin dien.

“dien” – In Grieks “Doulos” word die klem gelê op die lewe van diens as slaaf van die lewende God.  In plaas van hul lewe van slawediens aan die sonde, Rom 6:6-7, lewe hulle tans as slawe van Hom.

vers 10:  “en om Sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het, uit die hemel te bly verwag – Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.”

“te bly verwag” – die bekering vir hulle beteken ook ‘n blywende wag op die koms van die Seun.

“oordeel –  vir die heiden en goddelose is dit ‘n dag van toorn/oordeel, ‘n oordeelsdag.  Vir die Christen beteken dit juis ‘n dag van redding, sien Hand 17:31;  Rom 2:5-8; Rom 5:9; Sef 3:8.

Paulus verdedig sy optrede onder die Thessalonisense
vers 1: “Julle weet tog, Broers, dat ons besoek aan julle nie vergeefs was nie.”

Sedert Paulus se vertrek het kwaadsprekers die gesag van sy prediking probeer skaad. Valse gerugte word oor hom versprei dat hy maar een van die doodgewone straatpredikers is, waarvan die destydse wêreld ‘n oorvloed geken het, wat met onsuiwere motiewe die mense heuning om die mond gesmeer het, ten einde persoonlike voordeel daaruit te bekom.  Paulus verdedig hier die gesag van sy prediking, die suiwerheid van sy motiewe en die onselfsugtigheid van sy optrede.

vers 2:  “maar alhoewel ons, soos julle weet, vroeër in Filippi gely het en beledig is, het ons vrymoedigheid in ons God gehad om julle van God se evangelie te vertel, al was dit te midde van baie teenstand.”

“gely het en beledig is” Paulus en Silas as Romeinse burgers is daar in Filippi ‘n geweldige onreg aangedoen deurdat hulle sonder ‘n verhoor geslaan en in die tronk gestop is, sien Hand 16:16-40.  Deur die genadewerking van die Gees van God het hulle nie onder lyding en mishandeling aan Christus ontrou geword nie.  Juis daarom kon Paulus dit waag om die evangelie vry te verkondig.

“baie teenstand Soos in Filippi word Paulus en sy span verder valslik van siviele onrus in Thessalonika aangekla, sien Hand 17:1-10, hulle vlug in die nag na Berea.

vers 3:  “Want ons pleidooi is nie uit dwaling, nie uit onsuiwerheid en nie met bedrog nie.

Paulus gebruik 3 verskillende woorde om die geloofwaardigheid van sy bediening te bevestig.  Hy bevestig eerstens dat sy boodskap is waar.  Sy lewenswyse is suiwer en hy was eerlik. 

“met bedrog nie” – In Grieks:  “Dolos”

Die woord verwant aan “aas” (bv. die aas wat aan ‘n vishoek gehaak word).  Dit is ‘n trek van die valse predikers dat hulle ‘n listige middel gebruik om bekeerlinge te bekom tot eie voordeel.  Paulus se prediking was daarenteen nie ‘n aangename lokmiddel nie, maar ‘n vermaning – ‘n oproep tot bekering van sondes.

Waar die staatspredikers se motiewe “uit onsuiwerheid” was (onsuiwer bymotiewe soos selfsug, eie gewin) was die van Paulus suiwer.

Vers 4:  “maar, soos ons deur God goedgekeur is, sodat die evangelie aan ons toevertrou kon word, so praat ons ook nie om mense tevrede te stel nie, maar God, Hy wat ons harte toets”

“deur God goedgekeur is” – die Afr 53 “deur God waardig geag is”.

In die oorspronklike Grieks beteken die woord “toets”, sien 1 Kor 3:13:  dikwels met die bygedagte “getoets en waardig geag” dat die evangelie aan hom toevertrou sou word.  In Filippi is die egtheid van hulle boodskap deur lyding en mishandeling verder getoets en waardig bevind.  Juis daarom is die aard van hulle prediking sodanig dat hulle nie mensebehaers is nie – ‘n klag waarteen Paulus hom telkens moet verdedig, sien Gal 1:10.

vers 5:  “Want, soos julle weet, het ons nog nooit met vleiery opgehou nie, en ook nie met valse motiewe van inhaligheid nie – God is ons getuie!”

“valse motiewe” – In Grieks letterlik:  ‘n voorwendsel van hebsug, met die bygedagte dat iets vals voorgehou word om die werklike motief te versluier.  Die Thessalonisense self kan oordeel of hulle met vleitaal gekom het.  God alleen egter oordeel of die motiewe van die hart suiwer was.

vers 6:  “Ook het ons nie die eer van mense gesoek nie, nog van julle nog van ander, alhoewel ons as apostels van Christus eise kon stel.”

“as apostels van Christus” – Die woord “apostels” word hier in ‘n breër betekenis gebruik, aangesien nie alleen van Paulus nie, maar ook van Silas en Timoteus sprake is – kon hulle aanspraak maak op aansien en gesag.

vers 7:  “Maar ons het klein kindertjies in julle midde geword.  Soos wanneer ‘n moeder haar eie kinders voed en koester.

“‘n moeder” – Hier net soos in Gal 4:19, gebruik hy die beeld van die moeder wat in liefde haar kinders troetel en beskerm.

“koester” – eintlik “warm maak” – soos ‘n voël sy kleintjies versorg.  Paulus se liefde vir die Thessalonisense was soos ‘n moeder wat haar lewe sal gee vir haar kind.

vers 8:  “en omdat ons op hierdie wyse na julle verlang, so het ons dit goedgedink om nie net die evangelie van God aan julle mee te deel nie, maar selfs ook ons eie lewens – omdat julle vir ons geliefd geword het. 
vers 9:  “Julle onthou tog ons moeite en harde werk, broers:  terwyl ons bedags en snags gewerk het, sodat ons vir niemand van julle ‘n las sou wees nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.”

“bedags en snags gewerk het” – ten einde nie ‘n las vir die gemeentes te wees nie, het hy dikwels vir sy eie onderhoud tente gemaak, sien Hand 18:3 en Hand 20:34.  So werk hy vir sy eie onderhoud in Korinthe.

vers 10:  “Julle is getuies en ook God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons geword het vir julle wat glo.”

“getuies” – Onder die Ou Testament wette het dit twee of meer getuienisse geneem om ‘n saak te verifieer, sien Num 35:30;  Deut 17:6-7;  Deut 19:15;  2 Kor 13:1.  Hier roep Paulus die gemeentelede en God aan as getuies om sy heilige werk te bevestig, sien 2 Kor 1:12.

Sy optrede was onberispelik teenoor almal maar die gelowiges kon by uitstek oordeel of dit so was.

verse 11 & 12:  “Net so weet julle ook hoe ons vir elkeen van julle soos ‘n vader vir sy eie kinder was, terwyl ons julle vermaan en bemoedig en aanspoor om ‘n lewe te lei wat dié God waardig is wat julle tot sy koninkryk en heerlikheid geroep het.”

“soos ‘n vader” – teenoor “moeder in vers 7.

“vermaan/bemoedig/aanspoor” – Paulus gebruik hier 3 werkwoorde om sy “vader” verhouding met die gemeente te beskryf.

“sy koninkryk en heerlikheid” – Ewige verlossing en ewige lewe in die Messias.

vers 13:  “en daarom dank ons God onophoudelik dat julle, nadat julle die woord van God van ons ontvang het, dit nie as ‘n woord van mense aanvaar het nie, maar waarlik as die Woord van God – die Woord wat werksaam is in julle wat glo.”

“die Woord” – tydens Paulus se optrede onder die Thessalonisense was die Nuwe Testament van die Woord van God nog geen geskrewe Bybel soos tans nie.  Deur mondelinge oorlewing is dit aan die gemeentes oorgedra.  Juis daarom kon die gesag van die prediker des te gouer in twyfel getrek word.  Dat die Thessalonisense die prediking van Paulus as Gods woord aanvaar het, is ‘n verdere bewys dat dit geen “mensewoord” was nie.  Die gemeente het Paulus se woorde as God se Woord erken.

vers 14:  “Want julle, broers, het die voorbeeld gevolg van die gemeentes van God in Christus Jesus wat in Judea is, omdat julle dieselfde dinge onder julle…”

“voorbeeld gevolg” – Die gemeente het nie net nabootsers van Paulus en Christus geword nie, maar ook onder verdrukking en vervolging gely soos die in Judea.

vers 15:  “hulle wat die Here Jesus en die profete doodgemaak, en ons ernstig vervolg het, wat God nie tevrede stel nie, en vyandig teenoor alle mense is.”

“hulle … Jesus … profete doodgemaak”  – Die Judeërs (vers 14) was verantwoordelik vir die dood van hul Messias.

Paulus het nog vars in sy geheue hoe die Jode hom in sy werk gestrem het in Antiogië en Pisidië, sien Hand 13:45, 50;  in Thessalonika en in Berea, Hand 17:5, 13.

vers 16:  “en wat ons verhinder en met die heidene te praat, sodat hulle verlos kon word.  So het die Jode se sondes in elke opsit hulle volle maat bereik, en die oordeel het uiteindelik oor hulle gekom.”

“wat ons verhinder” – sien Jesus se woorde in Matt 23:13.

“oordeel… hulle gekom” – Dit is ‘n moeilike teks.  Die oordeel van God wat in 1 Thess 1:10 as toekomstig gesien word, word hier geskilder as iets wat reeds ingetree het.  Die oordeel van God kon dus nie verwys na die verwoesting van Jerusalem wat in die jaar 70 nC sou gebeur nie.  Die apostel sien dit so:  die verwerping van die Messias, die vyandskap teen die evangelie is ‘n bewys dat die oordeel van God oor hulle gekom het, soos blyk uit die verharding van hul hart, sien Joh 3:18.

vers 17:  “Maar, broers, aangesien ons vir ‘n kort tydjie van julle geskei is … alles in ons vermoë gedoen om julle van aangesig tot aangesig te sien.”

Paulus was gedwing om hulle te verlaat, sien Hand 17:5-9.  Sy moederlike (vers 7) en vaderlike (vers 11) gawes is van hom weggeneem.  Deur Paulus se gedwonge vlug het die Thessalonisense soos weeskinders gelaat.

vers 18:  “Daarom wou ons na julle kom – ek Paulus weer en weer – maar Satan het ons verhinder.”

“ek Paulus” –  Hy bevestig slegs dat hy self by herhaling gepoog het, maar deur “Satan” verhinder is.  Timoteus het hulle besoek en Silas miskien ook, sien Hand 18:5.  Paulus sê nie hoe hy verhinder is nie.  Dit mag die toestand in Thessalonika gewees het, sien Hand 17:9, of miskien moeilikhede in Korinthe.

vers 19:  “Watter hoop of vreugde of kroon van roem, behalwe juis hulle, sal deur vir ons by die Here Jesus wees wanneer Hy kom?”

“kroon van roem” – Die Bybel praat van ewige lewe soos ‘n “krans” toegeken vir ‘n atleet wat die wedloop voltooi.  Dit word genoem in:

  1. 1 Kor 9:25 Die onverganklike oorwinningskrans
  2. 2 Tim 4:8 Oorwinningskrans van geregtigheid
  3. 1 Pet 5:4 Die erekrans van heerlikheid
  4. Openb 2:10 Oorwinnaarskrans van die lewe
  5. Jak 1:12 Oorwinningskrans van die lewe

“Wanneer Hy kom” – Die letterlike betekenis is om “teenwoordig” te wees.  Paulus verwys direk na Christus se “koms” vier keer in die brief:  sien 1 Thess 3:13;  4:15;  5:23 en ook indirek in 1 Thess 1:10.

vers 20:  “Want julle is ons eer en vreugde!”

Dat die Thessalonisense se hoogste roem is, bewys dat Paulus se motiewe en gesindheid teenoor hulle opreg was.

Die sending van Timoteus
vers 1: “Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons dit goedgedink om alleen in Athene agter te bly,”

“alleen in Athene agter te bly” – Silas en Timoteus wat in Bera agtergebly het toe Paulus alleen na Athene vertrek, Hand 17:14, het vermoedelik in uitvoering van die opdrag van Paulus, Hand 17:15, hulle so spoedig moontlik na Athene gehaas, van waar Timoteus dan weer direk na Thessalonika teruggestuur word.  Paulus en Silas bly alleen in Athene agter.  Paulus vertrek wel na Korinthe terwyl Silas op Timoteus wag en hulle weer later by Paulus aansluit in Korinthe, Hand 18:5.

vers 2:  “en het ons Timoteus gestuur, ons broer en medewerker van God vir die evangelie van Christus, om julle in julle geloof te versterk en te bemoedig,”

“versterk en bemoedig” Dié was algemene bedieningspraktyk van Paulus, sien Hand 14:22;  15:32;  18:23.  Paulus se fokus was nie gesondheid, rykdom & selfvertroue of gemak van lewe nie, maar eerder die geestelike kwaliteit van lewe.  Hulle “geloof” was van groot belang vir Paulus aangesien hy dit 5 keer noem, sien verse 2, 5, 6, 7 & 10.

vers 3:  “sodat niemand deur hierdie beproewinge ontstel word nie. Julle weet tog self dat ons daartoe bestem is.”

Paulus stuur Timoteus om hulle te bemoedig, sodat hulle nie te midde van hierdie “beproewinge”, dit wil sê die teenstand en vervolginge van buite, van die regte pad gelok sou word nie.

Vers 4:  “Want ook toe ons by julle was, het ons herhaaldelik vooraf vir julle gesê dat ons verdruk sal word, iets wat, soos julle weet, inderdaad gebeur het.”

“verdruk sou word” – die Christen is bestem om verdruk en vervolg te word in hierdie wêreld. Paulus word vervolg voor hy Thessalonika besoek, sien Hand 13, 14. Gedurende sy besoek, Hand 17:1-9, en na sy besoek aan Thessalonika Hand 17:10-18:11.

vers 5:  “Daarom het ek ook, toe ek dit nie langer kon verduur nie, vir Timoteus gestuur om vas te stel hoe dit met julle geloof gaan, en of die verleier julle nie miskien verlei het, en ons moeitevolle arbeid vergeefs was nie.”

“het ek ook” – Paulus gebruik anders as in vers 1, “ons” hier die enkelvoud.

“met julle geloof gaan” – Hul geloof is ‘n teken dat hulle nog nie begin wankel en weer slawe van die sonde word nie.

“of die verleier” – Satan word in 2:18 gesien as ‘n “verhinderaar” en nou as ‘n “verleier”.  Paulus was nie onkundig ten opsigte van Satan se planne, sien 2 Kor 2:11, ook nie kwesbaar in sy motodes;  sien Efe 6:1.

verse 6-10:  Timoteus se gunstige berigte
verse 6 & 7: Maar vandat Timoteus van julle af by ons aangekom en die goeie nuus van julle geloof en liefde aan ons oorgedra het – dat julle deurentyd goeie herinneringe aan ons het en daarna smag om ons te sien, soos ons vir julle is ons, wat julle betref, broers, te midde van al ons nood en verdrukking, vertroos deur julle geloof.

“geloof en liefde” – Dit word hier alleen gebruik, soos in 1 Tim 1:14 en 2 Tim 1:13, sonder die “hoop” waarop in vers 13 gesinspeel word.  Geloof, hoop en liefde vorm die fondasie van die Christenlewe, sien 1 Kor 13:13.

“vertroos deur julle geloof” – Die berig van hul geestelike welstand is vir Paulus ‘n ware vertroosting.

vers 8:  “Want nou leef ons, mits julle vas in die Here bly staan.

Die sekerheid van hulle geloof, hulle standvastigheid in die Here, is vir Paulus die bron van die lewe en van meer belang as sy eie nood en verdrukkinge, sien 1 Kor 15:31.

vers 9:  “Watter dank kan ons immers na behore aan God bring oor julle, vir elke vreugde oor julle wat ons voor ons God het? “

“watter dank” – Paulus verbly hom voor God – ‘n bewys van sy opregtheid en van die suiwerheid van sy vreugde.  Aan God kom ook in die eerste plek die dank toe, sien 1 Thess 1:3.

Paulus, soos Johannes (3 Joh 4) vind die hoogste vreugde in die wete dat hul dissipels in die geloof groei en in die waarheid loop.

vers 10:  “Terselfdertyd smeek ons bedags en snags baie ernstig om julle van aangesig tot aangesig te mag sien, en om te kan voorsien in wat aan geloof by julle ontbreek.”

“smeek ons bedags en snags” – Paulus bid gereeld, dag en nag, net soos hy bedags en snags gewerk het, sien 1 Thess 2:9.

“baie ernstig” – Paulus bid met vurigheid en met oorvloedigheid, sien Efe 3:20.

“aan geloof by julle ontbreek” – Paulus se blydskap verblind hom nie vir die leemtes in hulle geloof wat hy wil regstel nie.  Dit is van belang dat Paulus nie aan hul geloof as sodanig twyfel nie, sien 1 Thess 1:6-7, al besef hy dat daar in hulle geloof nog sekere onsuiwerhede was wat hy wou uitstryk.  Paulus berei met hierdie vers op ‘n taktvolle manier die weg vir die vermaninge wat in hoofstukke 4 en 5 gaan volg.

Verse 11 – 13:  Gebed en seënbede
vers 11:  “En mag God ons Vader self, en ons Here Jesus, ons pad na julle rig;” 

Paulus bid dat sy weg na hulle toe gerig mag word deurdat die hindernisse naamlik Satan, sien 1 Thes 2:18, uit die weg geruim word.

vers 12:  “mag die Here julle liefde vir mekaar en vir almal laat toeneem en oorvloedig maak, soos ons liefde vir julle ook is.”

“liefde vir mekaar en vir almal” – Die liefde in die hart is grond vir heiligheid.  Die voorwerpe van die liefde is nie beperk tot die medegelowiges nie, maar dit omvat almal, dit wil sê ook die vyande van die kruis.  Liefde teenoor God en die naaste is die volle inhoud van die wet, sien Rom13:10.

vers 13:  “Mag Hy julle harte versterk, sodat julle met die koms van ons Here Jesus, saam met al sy heiliges, onberispelik in heiligheid voor ons God en Vader kan wees. Amen.”

“onberispelik in heiligheid” – die aanstaande koms van die Here word gesien as ”n aansporing tot heiligheid voor God, wat die harte ken, sien 1 Thess 2:4.  Die hart waarin liefde woon kan saamstem met die eise van die heilige God.

Paulus bid vir die gemeente dat hulle na heiligheid moet sterwe om gereed te wees met die koms van die Here.

Vermaning tot heiligmaking, broederliefde en werksaamheid
Verse 1-8: Oor Heiligmaking
vers 1:  “Verder dan, broers, vra ons julle, en spoor ons julle ter wille van die Here Jesus aan: Julle is deur ons onderrig oor hoe julle moet leef om God te behaag; julle leef inderdaad reeds hiervolgens, maar julle moet nog al hoe meer so leef. “

Paulus vermaan op gesag van die Here Jesus die Thessalonisense tot heiligmaking.

“om God te behaag” – Word gedoen deur die gehoorsaamheid van die Woord van God.

vers 2:  “Julle weet tog watter voorskrifte ons vir julle gegee het deur die Here Jesus. “

“voorskrifte” – Tydens sy verblyf daar het Paulus op gesag van die Here mondelinge voorskrifte as rigsnoere vir die praktiese beoefening van die Christelike lewe gegee.  

Verse 3-6:  Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid, dat elkeen sal weet hoe om sy eie vrou op ‘n heilige en eerbare wyse te verkry, nie uit wellustige begeerte soos die heidene wat God nie ken nie, en dat hy nie sal oortree, en sy broer in dié saak bedrieg nie. Want, soos ons tevore vir julle gesê en nadruklik bevestig het: die Here vergeld al hierdie dinge.

“wil dat julle heilig moet leef” – In die volgende verse word genoem waaruit daardie heiligmaking in hulle geval moet bestaan,

i) dat hulle hul sal weerhou van onsedelikheid (“hoerery” in Afr 1953)
ii) elkeen sy eie vrou te verkry, in heiligheid en eer, soos diegene wat God ken.

Ons moet egter onthou dat die meerderheid van die gemeente heidene was.  Die heidenwêreld staan dikwels redelik onverskillig teenoor onkuisheid.

Dit is opvallend dat Paulus telkens in briewe aan vroeëre heidene gerig, juis teen die sonde van onsedelikheid moet maan, sien Kol 3:5, Efes 5:3.

vers 7:  “God het ons tog nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligheid.”

“onreinheid” – Die woord in die oorspronklike het ‘n ergere onreinheid op morele gebied, sowel as ‘n breëre betekenis – onreinheid in die algemeen, sien Matt 23:27.  By Paulus het dit egter in die reël, soos hier, die ergere betekenis wat dus verband hou met onreinheid op sedelike gebied sien, Rom 1:24;  6:19;  Gal 5:19;  Kol 3:5.

“heiligheid” – Sien vers 3.

vers 8: “Daarom dan: die een wat dit verontagsaam, verontagsaam nie ‘n mens nie, maar God, wat sy Heilige Gees aan julle gegee het. “

“dit verontagsaam” – Deur die gawe van die Heilige Gees word die moontlikheid tot ‘n lewe in heiligheid aan die sondaar gebied, sien 1 Kor 6:19;  Gal 4:6; Eseg 37:14.

Die een wat die eis verontagsaam (verwerp) sondig derhalwe teen God.

Verse 9-12:  Oor Broederliefde en Werksaamheid
Vers 9:  ” Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.

“broederliefde” – Veral gebruik van die liefde teenoor die broeder in Christus, sien Rom 12:10.

“deur God geleer” – Die vrg van ‘n opregte geloofsverhouding tussen God en Sy geroepenes, sien Jer 31:33;  Jes 54:13.  As God spreek en onderrig, is die mens se woord onnodig.

vers 10:  “Julle het inderdaad ook al die broers in die hele Macedonië lief. Maar ons moedig julle aan, broers, om dit nog meer te doen, “

“dit nog meer te doen” – Derhalwe vermaan Paulus hulle slegs om oorvloediger te wees in die betoon van daardie liefde.  Waarin dit bestaan, word in verse 11 en 12 gesê:  dat elkeen in kalmte van gees rustig lewe en hom by sy eie werk bepaal en nie ‘n las word vir die medegelowiges nie.

Vers 11:  “en dit vir julle ‘n saak van eer te maak om rustig te wees, julle met julle eie sake te bemoei, en met julle eie hande te werk, soos ons julle opdrag gegee het.” 

“rustig te wees” – Die werkwoord het dikwels die  bygedagte van kalm van gees te wees.  Hy wat kalm van gees is, sal nie op loop gejaag word deur ‘n verkeerde toekomsbesluit en wantordelike optrede nie.  

“eie hande te werk” – Griekse kultuur kyk neer op hande arbeid maar Paulus eer dit.  

vers 12: “Sodoende sal julle eerbaar kan leef in die oë van die buitestanders en van niemand afhanklik wees nie.”

As gevolg van ‘n verkeerde toekomsverwagting, al sou die koms van die Here direk voor die deur staan, het sommige Christene opgehou met werk en by gebrek aan voedsel by die medebroeders op voedsel en onderhoud aangedring.  Hierdeur ontstaaan daar onordelikheid in die gemeente, sien 2 Thess 3:11.

Verkeerde toekomsverwagtinge gee Paulus aanleiding tot die skrywe van die volgende:  1 Thess 4:13 – 5:11.

Verse 13 – 17:  Die hoop van die gelowige – vereniging met Hom by Sy wederkoms

Die probleem van die Thessalonisense waarop Paulus hier antwoord, was of diegene wat gesterf het, vers 13, sedert Paulus se vertrek sowel as diegene wat nog sal sterf voor die koms van die Here, wel deel sal hê aan die heerlikheid van Sy koms.  En indien wel, of die ontslapenes nie sou agter staan by diegene wat teen daardie tyd nog sal lewe nie, vers 15.  Anders as in 1 Kor 15 twyfel die Thessalonisense nooit aan die opstanding van die dode as sodanig nie.  Paulus beklemtoon dat almal, dit wil sê die gestorwenes sowel as die lewendes deel sal hê aan Sy koms en almal saam, vers 17, vir altyd by Hom sal wees.  Die lewendes sal die dooies dus nie voor wees nie.

vers 13:  “Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap het nie, sodat julle nie treur soos die ander mense wat nie hoop het nie.”

“diegene wat ontslaap het” – Die voorstelling van die dood as in sekere opsigte ‘n soort “slaap” kom reeds in die Ou Testament voor, sien Ps 13:4.  Ook in die NT, sien Matt 9:24, Hand 7:60.

Dit beskryf die dooie liggaam, nie die siel nie.  Die wat slaap word beskryf in vers 16 as “diegene wat in Christus gesterf het”.

“treur… nie hoop het nie” – Die skrif verbied die Gelowige nie om bedroef te wees oor die gemis van ‘n ontslapene nie.  Jesus was self hartseer oor die dood van Lasarus, Joh 11:33.  Die woord beklemtoon dat ons nie in wanhoop mag treur soos die wat geen hoop het om hierna as opgestanes met Christus te wees nie.  Baie heidene glo net aan die onstoflikheid van die siel.  Hulle het egter nie die “hoop” om met Christus te wees nie.

vers 14: “Want as ons glo dat Jesus gesterf het en opgestaan het – God sal ook so diegene wat gesterf het, deur Jesus met Hom saamneem.”

“deur Jesus” – Soos Jesus gesterf en opgestaan het net so sal die gelowiges in Hom wat sterf weer opstaan en in die hemel opgeneem word saam met Hom.

vers 15:  “Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here: Ons wat lewe, wat agtergebly het tot die koms van die Here, sal beslis nie diegene wat gesterf het, voor wees nie.”

“ons wat lewe wat agtergebly het” – Letterlik die lewendes, dit wil sê die wat oorbly tot by die wederkoms van die Here.  Paulus bedoel met “ons” nie dat hy self onder diegene sal wees wat die dag sal belewe nie.  Hy bedoel slegs dat op die dag die lewendes die dooies nie voor sal wees nie.  Onder die gelowiges het daar nogal ‘n misvatting geheers as sou die lewendes op die dag ‘n besonderse seën ontvang.  Paulus beklemtoon dat diegene wat die dag sal belewe, geen besondere bevoorregting of seën sal ontvang bo die wat reeds gesterf het nie.

Die vroeë kerk, hoewel deeglik daarvan bewus dat die presiese uur van die wederkoms onbekend is, sien Matt 24:36, leef nietemin sterk onder die besef dat die dag naby is.

vers 16:  “Want die Here self sal met ‘n luide bevel, met die stem van ‘n aartsengel, en met ‘n trompetgeskal van God, uit die hemel afkom, en diegene wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.”

“uit die hemel afkom” – op die dag sal die Here self van die hemel neerdaal met ‘n “luide bevel”.  Waaruit die luide bevel bestaan met die stem van ‘n aartsengel en met ‘n trompetgeskal van God.

“aartsengel” – Wie die aartsengel is, word nie gesê nie.  Vermoedelik die leier van die engele wat die Here by sy koms sal vergesel.  In Judas 9 word hy, net soos in Dan 10:21;  12:1, Migael genoem.

“trompetgeskal van God” – Ook in die aankondiging van die wederkoms van die Here het die trompetgeskal ‘n besondere plek – as teken van die grootsheid, heerlikheid, ja, die geweldigheid daarvan.  Op die stem van die trompetgeskal sal die dodes opgewek word, sommige tot die lewe, ander tot die dood.  Dit sal ‘n trompet van verlossing wees, sien Sef 1:16;  Sag 9:14. 

“in Christus gesterf het, sal eerste opstaan” – Paulus bepaal hom hier slegs by die besondere probleem van sy lesers, naamlik of die ontslapenes in die Here nie by die wederkom agter sou staan by die lewendes nie.  Die antwoord is baie beslis “nee”.

vers 17:  “Daarna sal ons wat lewe en oorgebly het, saam met hulle in die wolke opgeneem word om die Here in die lug te ontmoet. En so sal ons altyd by die Here wees.”

“By die wederkoms sal die ontslapenes eers opstaan en dan sal “ons” (die lewende gelowiges) saam met “hulle” (die opgewekte gelowiges) in verheerlikte gestalte, sien 1 Kor 15:51-52;  Fil 3:21;  Rom8:23, in wolke, sien Dan 7:13-14;  Matt 24:30 weggevoer – letterlik weggeruk, weggeraap word.  Dieselfde werkwoord word in2 Kor 12:4 en Hand 8:39 gebruik.  Dit beklemtoon die snelheid en die geweldigheid daarvan om almal saam “altyd” by Hom te wees.

Verse 1-8: Oor die tyd van die wederkoms
vers 1:  “Oor die tye en geleenthede, broers, is dit nie nodig dat ons aan julle skryf nie”

Soos die mens van alle tye, nou ook die vroeë  Christene in Thessalonika weet wanneer presies die dag van die Here sou kom.

“tye en geleenthede” – beklemtoon onderskeidelik die “hoe lank nog” en die presiese “wanneer”.  Baie van hulle het die wederkoms dadelik verwag en was verward en mismoedig om te sien dat hulle mede-gelowiges sterf voor dit sou plassvind.

vers 2:  “want julle weet self baie goed dat die dag van die Here soos ‘n dief in die nag kom. “

“dag van die Here” – daar is 19 gebruike in die Ou Testament en 4 in die Nuwe Testament (sien Hand 2:20;  2 Thess 2:2;  1 Thes 5:2;  2 Pet 3:10).  Die OT profete gebruik “die dag van die here” om naby historiese oordele te beskryf (sien Jes 13:16-22;  Ese 30:2-19;  Joël 1:15;  Amos 5:18-20;  Sef 1:14-18) of ver eskatologiese goddelike oordele (sien Joël 2:30-32;  3:14;  Sag 14:1;  Mal 4:1,5).

Hierdie skrikwekkende oordele van God vir die sondigheid van die wêreld.  Die toekomstige “dag van die Here wat God se oordeel laat plasvind, val in 2 dele:

  1. die einde van die 7 jaar periode van verdrukking (Openb 19:11-21) en
  2. die einde van die 1000 jaar Millennium.

Paulus verwys hier met  “dag van die Here” na die einde van die 7 jaar verdrukking period.

“dief in die nag” –  Die dag van die here soos ‘n dief in die nag, met ander woorde skielik, onverwags, en gevaarlik vir die een wat nie daarop voorbereid is en waak nie (sien Matt 24:42 – 44;  Luk 12:39-40).

Vers 3:  “Wanneer hulle sê, “Daar is vrede en veiligheid,” kom daar skielik vernietiging oor hulle, soos geboortepyne ‘n swanger vrou oorval, en hulle sal beslis nie ontkom nie.”

“vrede en veiligheid” – Valse profete wat valslik hierdie profeteer ten spyte van God se oordeel wat op hande is.

“geboorte pyne” – Jesus gebruik dieselfde illustrasie in Matt 24:8.  Dit verwys na die onafwendbare, skielike, onvermydelike en pynlike dag van die Here.

vers 4:  “Maar julle, broers, is nie in die duisternis nie, sodat dié dag julle nie soos ‘n dief sal oorval nie. “

“julle” – Paulus gebruik hier die meervoudige voornaamwoord (3 keer in vers 3) in die 2de persoon.  Omdat die wegraping sal plaasvind voor die oordeel van die “dag van die Here” sal gelowiges nie op aarde teenwoordig wees om dit te ervaar nie.  “nie in die duisternis nie” – Gelowiges het geen deel in die “dag van die Here” omdat hulle verlos is van die duisternis en die koninkryk van Lig ontvang het (sien Kol 1:13).  Die kontras tussen gelowiges en die ongelowiges word deur Paulus beskrywe tot vers 7.  Ongelowiges leef in die duisternis (vers 2 “in die nag”) en in geestelike duisternis as gevolg van sonde en ongeloof (sien Joh 1:5;  3:19;  8:12;  2 Kor 4:6;  Efe 4:17-18;  Efe 5:8-11).  Die ongelowiges is kinders van Satan (sien Joh 8:44), die “dag van die Here” sal hulle skielik en met dodelike gevolge tref. 

vers 5: “Julle is immers almal kinders van die lig en kinders van die dag. Ons is nie van die nag of die duisternis nie. “

“kinders van die lig” – Die uitdrukking word deur Christus self gebruik om Sy volgelinge te tipeer, Joh 12:36, as die teendeel van die kinders van die duisternis.  Dit beteken dus diegene wat behoort aan Christus as die Lig van die wêreld.  Hulle word geken deur die eienskappe van die lig.

“kinders van die dag” –  beteken diegene wat behoort tot die dag en die kenmerke toon wat eie is aan die dag.

Paulus werk hier met 2 pare teenstellinge:  lig – duisternis en dag – nag.

Vers 6:  “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar waaksaam en nugter wees!

“waaksaam” – Die kinders van die duisternis en van die nag hou hulle besig met die dinge van die duisternis en die nag.  Hulle slaap en is dronk (beeld van valse gerustheid).  Die Christen kind van die lig en van die dag moet die dinge doen wat by die lig en die dag pas, dit wil sê waak en nugter wees.  Net soos by die Meester self, Sy profetiese rede, Matt 24:36-43;  Matt 25:13.

“nugter wees” – hy wat nugter is, is die teendeel van die kinders van die duisternis en van die nag, wat dronk is deur die bekoring van die wêreld, sien 1 Kor 15:34;  Efe 5:14,18;  2 Tim 4:5;  1 Pet 5:8.

Sowel die beeld van waaksaamheid as die van nugterheid is deur die woorde van Jesus self geinspireer.  In die gelykenis van die twee diensknegte word van die geruste slaaf juis gesê dat hy nie gewaak het nie, maar in valse gerustheid met die dronkaards begin eet en drink het, Matt 24:45-51.  Die slaaf word gestraf omdat hy nie gehandel het soos ‘n kind van die lig en van die dag nie.  

verse 7&8:  “Want hulle wat slaap, slaap snags, en diegene wat hulle dronk drink, doen dit snags. 8Laat ons wat van die dag is, egter nugter wees, noudat ons die borsplaat van geloof en liefde, en die helm van hoop op verlossing, aangetrek het. 

“borsplaat” – die gelowige as kind van die dag, moet slaggereed wees, hy moet gekleed gaan in die kleding van die Christen-stryder, sien beeld in Jes 59:17.  Sien ook Rom 6:13; 13:12; 2 Kor 10:4.  Terwyl die wapentuig in Efe 6:13-17 aanvalswapens insluit, lyk dit asof die wapentuig suiwer verdedigend is.  Die Christen-stryder moethom  ‘n verweer met die wapens van geloof, hoop en liefde om te verhoed dat dié dag hom onverwags oorval (sien ook 1 Thess 1:3).

Vers 9:  “Want God het ons nie tot veroordeling bestem nie, maar om deur ons Here Jesus Christus verlossing te verkry,” 

“veroordeling” – Dit wil sê die oordeel op dié dag, sien 1:10;  2:16, Rom 2:5; Rom 5:9.  Juis omdat die gelowige se bestemming nie veroordeling nie maar verlossing is, moet hy die werke van die lig doen.  

“deur ons Here Jesus Christus” – Die gelowige kan nie deur eie krag sy saligheid verwerf nie, sien Fil 2:13.  Die waarborg van sy saligheid is die dood en opstanding van Christus, sien Efe 1:7;  Rom 5:6.  

vers 10: “Hy wat ter wille van ons gesterf het, sodat ons, of ons wakker is of slaap, saam met Hom kan leef.”

“wakker” – Anders as in vers 6 beteken dit hier “lewe”.

“slaap” – beteken hier reeds gester het, sien Rom 14:8.

“saam met Hom” – om met Hom verenig te word, vorm die hoogtepunt, net soos in 4:17.  Dit is die hoogste doelwit waarvoor die gelowige moet beywer.  Of ons die dag in Sy koms sal lewe of reeds gesterf het, maak nie saak nie, want ons sal dan saam met Hom lewe.

Vers 11:  “Daarom, bemoedig mekaar, en laat die een die ander in die geloof opbou, soos julle inderdaad doen.”

Die gelowige en die gemeente word elders in die briewe van Paulus gesien as ‘n tempel van God, sien 1 Kor 3:16;  2 Kor 6:16;  Efe 2:20-22.  Van die gelowiges word verwag om die een die ander op te bou, sodat hulle gesamentlik as gemeente soos ‘n tempel opgebou kan word.  

Hoofstuk 5:12 – 15  Algemene vermaninge met betrekking tot die gemeentelewe
vers 12:  ” Maar ons vra julle, broers, om respek te betoon aan diegene wat ywerig onder julle werk, en julle in die Naam van die Here voorgaan en teregwys,”

“werk, voorgaan en teregwys” – Paulus vra die gemeentelede om diegene te respekteer wat onder hulle:

  1. werk
  2. voorgaan – wat voor hulle loop om hulle die weg van geregtigheid te wys
  3. teregwys – in die waarheid van God se Woord
vers 13: “en om, op grond van hulle werk, in liefde en met die hoogste agting teenoor hulle op te tree. Leef in vrede met mekaar. “

“hoogste agting” – Van die gemeente word verwag dat hulle aan diegene wat onder hulle werk (vers 12) moet ag en liefhê (letterlike bemin hulle in die besonder), nie vanweë hul persoon nie, maar omdat hulle die werk van die Here doen, sien 1 Kor 16:10.

“in vrede met mekaar” – Vrede word naas geregtigheid en blydskap in die Heilige Gees gesien as kenmerke van die koninkryk van God, sien Rom 14:16.  Vrede onder mekaar is die plig van almal wat deel het aan daardie koninkryk.  

vers 14:  “En ons moedig julle aan, broers, om die leeglêers aan te spreek; bemoedig die moedeloses; ondersteun die swakkes; wees geduldig teenoor almal.”

In die volgende 2 verse verwys Paulus hoe mede gelowiges mekaar moet hanteer.  Paulus vermaan in ‘n liefdevolle toon die gemeente van die geestelike welsyn van die swakkere broeders op die hart dra, en om die gees van verdraagsaamheid as vrug van die Gees, Gal 5:22, teenoor almal, ook die heidene wat buite staan, te openbaar.

Onder die broeders noem hy 3 groepe:

  1. die leeglêers – kon ook vertaal word as “luies”, dit wil sê die broeders van 4:12 en 2 Thess 3:6, 11 wat gedrewe deur ‘n wanopvratting oor die naderende koms van die Here, hul dagtake laat vaar het.
  2. die modeloses – ook vertaal word die “kleingelowiges”, die wat in vrees en twyfel lewe, moet bemoedig word.
  3. die swakkes – daardie sonder geestelike groei en morele waardes moet ondersteun word.
vers 15:  ” Sorg dat niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar streef altyd na wat goed is vir mekaar en vir alle mense.”

“sorg” – Weer aan die gelowiges gerig.  Paulus eis dit as die plig van die gemeente as geheel dat niemand uit hulle kring ‘n ander kwaad vir kwaad vergeld nie.

“streef altyd na wat goed is” – Jaag die goeie altyd na teenoor medegelowiges, maar ook teenoor die ongelowiges, sien 3:12.  Die Ou Testamentiese idee van kwaad in gelyke munt terug te betaal, Eks 21:23;  Deut 19:21, wor deur Paulus, sien Rom 12:7, op voorbeeld van die Meester self, Matt 5:38-48 gewysig.  Dit is die vervulling van die weg van die liefde wat die naaste geen kwaad doen nie, Rom 13:10.

Hoofstuk 5:16-18
Algemene vermaninge met betrekking tot die persoonlike lewe
vers 16:  “Wees altyd bly;”

“bly” – blydskap;  dit wil sê bly wees voor God, selfs onder verdrukking sien Rom 5:3;  Fil 2:17-18;  3:1;  4:4;  2 Kor 6:10, is vrug van die werkinge van die Gees, 1 Thess 1:6.  Paulus kon as gevangene liedere sing in die tronk, Hand 16:25 en as veroordeelde briewe skryf.

vers 17:  ” bid sonder ophou;”

Sien Luk 18:1;  Volhard in gebed Rom 12:12;  deur die Gees bid Efe 6:18;  ok vir dié wat wat julle vervloe, Luk 6:28;  Rom 12:14 – waarby die Gees ons help, Rom 8:26.

Bid aanhoudend:  Lukas 11:1-13;  Lukas 18:1-8, en bid gereeld:  Fil 4:6;  Kol 4:2.

vers 18:  “wees in alle omstandighede dankbaar;  want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.”

“dankbaar” – Danksegging in alles, dit wil sê in elke omstandigheid van die lewe en nie slegs die goeie wat uit Gods hand ontvang word nie, sien Rom 8:28.

*’n Lewe van blydskap, gebed en danksegging is wat God van die gelowige vra, dit is nie ‘n woord van Paulus nie, maar God se “wil” (sien 4:3) op grond van die werk van Jesus die Messias oor die gelowiges.

Hoofstuk 5:19-22
Algemene vermaninge met betrekking tot die geestesgawes
vers 19:  “Moenie die Gees blus nie;”

“blus nie” – die vuur van die Gees moenie met sonde geblus word nie.  Gelowiges word gemaan om nie die Heilige Gees te bedroef nie, Efe 4:30, eerder word “vervul” deur die Gees, Efe 5:18 en “leef” deur die Gees, Gal 5:16.

vers 20:  “moenie profesieë geringskat nie,”

profesieë” – Dit wil sê nie soseer die voorspellinge oor die toekoms nie, maar die uitleg en vertoling van die wil van God in die algemeen tot stigting, onderrig en bemoediging van die gemeente, Hand 19:6.  Dit behels dus meer as die blote uitleg van die Skrifte.  Profetiese boodskappe moet getoets word uit die Skrif en deur ander profete, 1 Kor 14:29.

verse 21-22:  “maar ondersoek alle dinge;  behou die goeie;  vermy elke vorm van boosheid.”

“ondersoek” – hierdie ondersoek van Paulus het betrekking tot die bevel van vers 20.  Paulus beklemtoon moenie die besondere gawe van die profesie verag nie, maar toets alle dinge, dit wil sê die profesieë en hulle uitleg soos in 1 Kor 12:10, om te sien of hulle eg, suiwer en volmaak is.  In 1 Kor 2:13 en 1 Joh 4:1 word die norm van die beoordeling aangegee.

“goeie” – dit wil sê dit wat goed op sigself is, soos die egte muntstuk teenoor die onegte, sien Fil 4:8, rig julle gedagtes en omhels die goeie.

Hoofstuk 5:23 – 28
Slotgebede en groet

Die doel van al hierdie vermaninge is dat die gelowige by die wederkoms van die here die hele mens heel en sonder vleg, heilig, Fil 2:15, mag vind.

Vir die mens alleen sal dit onmoontlik wees en daarom bid Paulus dat die God van vrede hulle volkome heilig mag maak (Efe 3:20;  Kol 1:29;  1 Kor 2:4-5).

vers 23:  “En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus Christus kom. “

“die God van vrede” – ‘n Uitdrukking wat nie in die Ou Testament voorkom nie.  Paulus gebruik dit dikwels, veral aan die einde van sy briewe, Rom 15:33;  16:20;  1 Kor 14:33;  2 Kor 13:11;  Fil 4:7.  Die uitdrukking beklemtoon een van die wesenskwaliteite van God.  God is die Bron en Gewer van die vrede wat by die mens gevind word.

“en mag julle volledig” – die woord word in die oorspronklike gebruik van ‘n klip wat nog nie gekap is nie, maar heel en al sy dele en sonder enige gebrek of letsel is, met ander woorde perfek, volledig in alle aspekte.

“gees, siel en liggaam” – Paulus wil nie ‘n psigologiese indeling van die menslike wese gee nie, maar teken deur die uitdrukking net die totale wedergebore mens.  Waar die mens gewoonlik geskilder word met siel (die setel van die wil en die gevoel) en liggaan, gee Paulus deur die toevoeging van “gees” hier ‘n tipering van die gelowige mens wat deur die inwerking van die Heilige Gees ook “geestelike” mens is, sien 1 Kor 2:14.

vers 24:    “Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen.”

“getrou” – Sien ook 2 Thess 3:3.  Die trou en mag van die God van vrede is hiervan die waarborg, dit wil sê om die gelowige te heilig en volkome te bewaar.

“roep” –  Die Here roep almal om Hom te aanvaar as sy Verlosser, sien 1 Thess 2:12; 1 Thess 4:7;  Rom 1:6-7;  8:28;  1 Kor 1:9;  Efe 4:1, 4;  1 Tim 1:9;  1 Pet 2:9;  5:10;  2 Pet.

verse 25 & 26:  Broers, bid ook vir ons.  Groet al die broers met ‘n heilige soen.”

“heilige soen” – Hierdie groet was deel van die destydse volksgebruik, word ook elders in die Nuwe Testament genoem, Rom 16:16;  1 Kor 16:20;  2 Kor 13:12; 1 Pet 5:14.

vers 27:  “Ek versoek julle plegtig voor die Here dat hierdie brief aan al die broers voorgelees word.”

Paulus vra dat die gemeente as geheel van die inhoud van die brief kennis neem – miskien op ‘n gemeentebyeenkoms.

vers 28:  “Die genade van ons Here Jesus Christus bly met julle!”

Paulus gebruik die groet ook in 2 Thess 3:18;  Rom 16:20, 24.

 
HOOFSTUK 1:1-8
Die Evangelie vind sy begin in die optrede van Johannes die Doper wat die brug slaan tussen die Ou en die Nuwe Testament
vers 1: “die Evangelie van Jesus Christus die Seun van God”

die evangelie -dit beteken:  goeie nuus

Jesus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “Yeshua” – albei woorde beteken Verlossing

Christus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “”Mashiach” – albei woorde beteken Gesalfde. Afrikaans: Messias

Markus gee die redes hoekom hy sy Evangelie geskryf het, naamlik om die vraag te beantwoord:  Wie is Jesus werklik?

Hy gee die antwoorde:  Jesus is nie net die Messias nie, Hy is die Seun van God.

verse 2-3:  Die aanhaling uit Mal 3:1 en Jes 40:3 le die eenheidsband tussen die Ou en Nuwe Testament, heenwysings na Johannes die Doper as wegbereider.  Volgens die plan sou daar eers ”n boodskapper” gestuur word om die koms van die Messias aan te kondig en die pad vir Hom reg te maak. 
Die Jode het verwag dat die Messias se koms voorafgegaan sou word deur die koms van ‘n profeet soorgelyk aan Elia.
vers 4:  “doop van bekering… die vergewing van sondes”

Johannes die Doper het die mense opgeroep tot bekering.  Dit behels ‘n totale, nuwe toewyding aan God.  As bevestiging van die nuwe lewenstyl is hulle dan in die Jordaan gedoop.  Op grond van die Ou Testament het die Joodse volk verwag dat daar in die laaste dae so ‘n groot beskermingsproses sou plaasvind (Jer 31:34).  Volgens Markus is dit presies wat nou aan die gebeur is.

vers 7:  “Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van Sy sandale los te maak nie.”

Een van die basiese take van ‘n slaaf, was om die riempies van sy meester se sandale los te maak.  Die Een wat kom, is so belangrik dat Johannes nie eers werd is om te buk en Sy sandale los te maak nie.  Uitdrukking van Johannes se nederigheid, hy wou die aandag ten volle op Jesus plaas.

vers 8:  “… Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

Dit gebeur wanneer iemand in Jesus begin glo.

HOOFSTUK 1:9-11
Jesus begin Sy openbare lewe na die doop deur Johannes
vers 9:  “… en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.”

Hoekom het Jesus Hom laat doop?

  1. Die antwoord is in Matt 3:15, Jesus was gedoop omdat dit nodig was vir die vervulling van alle geregtigheid.
  2. Deur die doop het Jesus Hom met die sondaar vereenselwig.
  3. Jesus se doop het as teken gedien vir Johannes en vir toekomstige gelowiges, dat Hy die Messias was.
  4. Deur Sy doop was Johannes se bediening om die weg van die Messias voor te berei nou voltooi.
  5. Belangrike nog dat God die Vader self bevestig dat Jesus sy Seun is, sien vers 11.
vers 10:  “Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos ‘n duif op Hom sien neerdaal”.

Duif is die simbool van vrede, reinheid en lydsaamheid;  kom die Heilige Gees op Jesus om Hom toe te rus vir Sy publieke lewe.

vers 11:  ” ‘n stem uit die hemel ‘Jy is my Seun, my geliefde.  Oor Jou verheug Ek My!’ “

Hierdie woorde sluit aan by Ps 2:7 en Jes 42:1, waardeur God nie net bevestig dat Jesus sy Seun is nie, maar reeds se dat Hy ook God se lydende dienskneg sal wees.  Die Hoogste Gesag het gese wie Jesus is.

Ps 2:7  “Jy is my Seun, vandag het Ek Jou verwek.”

Jes 42:1 “Kyk hier is my Dienskneg wat Ek ondersteun.  My Uitverkorene in wie my binneste vreugde vind.  Ek het My Gees op Hom laat kom.  Hy sal reg vir die nasies laat deurbreek.”

HOOFSTUK 1:12-13   Die Versoeking
Breedvoerig beskryf in Matt 4:1-11 en Luk 4:1-13
vers 12:  “Direk daarna het die Gees Hom…”

Jesus se versoeking vind dadelik plaas na Sy doop.

vers 13:  “Hy was 40 dae lank…”

Net soos Moses (Eks 34:28) en Elia (1 Kon 19:8) vertoef Jesus daar sonder voedsel.  Daar word Hy deur Satan versoek.

vers 13:  “Hy was saam met wilde diere…”

‘n Aanhaling uniek aan Markus, wat Jesus se alleenheid en algehele isolasie van ander mense aandui.

HOOFSTUK 1:14-15  Die begin van Jesus se verkondiging

Tussen vers 13 en vers 14 is die gebeure wat plaasvind in Joh 1:35 – 4:54, n tydperk van ongeveer een jaar:

  • Eerste dissipels
  • Bruilof by Kana
  • Reiniging van die tempel terrein;  gesprek met Nikodemus
  • Prediking in die laer omgewing van die Jordaan
  • Jesus en die Samaritaanse vrou
  • Genesing van die amptenaar se seun

Die groeiende vyandskap van die Fariseers en Herodes Antipas se gevangenskap van Johannes die Doper het Jesus laat besluit om verder weg van Jerusalem te gaan, vestig toe in Galilea.

vers 14:  “Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan…”

Hy het gese:……..

vers 15:  “Hy het gese: Die bestemde tyd is vervul, en die koninkryk van God is op handeBekeer julle en glo die evangelie.”

“Die bestemde tyd is vervul” – Alles wat volgens die here moes plaasvind en wat deur die profete aangekondig is, is nou vervul;  die tyd van die Here het aangebreek.

“… die koninkryk van God is op hande” – Die openbaring van die heerskappy van God.  Dit geskied nie deur die oprigting van ‘n sigbare aardse ryk nie, maar deur die onderwerping van Satan.  Die ryk breek aan by die koms van Jesus en vind sy voleinding by die wederkoms.

“Bekeer julle en glo…” – 2 voorwaardes om deel te wees van Sy koninkryk:  bekeer en glo.

HOOFSTUK 1:16 – 20
Roeping van eerste
dissipels

2 Broerpare word geroep

vers 16:  Simon en Andreas
vers 19:  Jakobus en Johannes
vers 17:  Jesus se “Volg My en Ek sal julle vissers van mense laat word”

Die volgende aspekte van dissipelskap kom hier na vore in verse 16 – 20:

  • Jesus, en nie die voornemende dissipel nie, neem die inisiatief en roep sy eerste dissipels.
  • Dat hulle met ‘n spesifieke doel geroep word (om vissers van mense te wees).
  • Dat hulle bereid is om dadelik alles te los om Hom te volg.
HOOFSTUK 1:21 – 28
Jesus genees iemand met ”n onrein gees

Jesus leer met gesag en demonstreer Sy mag oor onrein geeste.

vers 21 – 23: 

Plek:  Kapernaum in die Sinagoge
Dag van die week:  Sabbat
Streek:  Galilea
Genees wie:  Naam onbekend, ‘n man met ‘n onrein gees.

vers 24:  “hy het hard geskreeu:  Los ons uit Jesus van Nasaret!  Het U gekom om ons te vernietig?  Ek weet wie U is – U is die Heilige van God.”

Ons – Die onrein gees in die meervoud praat, die bose geeste in die algemeen;  hulle weet dat Jesus gekom het om hulle te vernietig.

Ek weet wie U is…” – Omdat die man onder beheer van Satan is, weet hy wie Jesus is.  Jesus is gevul met die Heilige Gees;  dus is Hy die heilige an God.

vers 25:  “Bly stil en gaan uit hom uit!”

Jesus wil nie ontydig en sekerlik nie by monde van ‘n bose gees, as die Messias bekend gesel word nie.  Hy sou Homself bekend stel, maar dan op die tyd en wyse deur God bepaal, naamlik deur lyding, dood en opstanding (sien ook vers 34).

vers 26:  “… die onrein gees… uit hom uitgegaan”

Die onreine gees kon teen die woord van Jesus geen weerstand bied nie.

Dit is belangrik om raak te sien dat niemand anders as die onrein geeste op hierdie stadium besef wie Jesus werklik is nie.  Nie die ander mense of selfs die dissipels besef nog wie Hy werklik is nie.

HOOFSTUK 1:  29-31
Skoonmoeder van Simon/Petrus word genees
vers 29:  Nadat hulle uit die sinagoge gekom het…”

Die gebeure vind plaas op dieselfde Sabbat van vers 21-28.

vers 31:  “Hy het na haar gegaan, haar hand gevat en haar opgehelp.  Die koors het haar verlaat…”
HOOFSTUK 1:35 – 39
Jesus se prediking in Galilea
vers 35:  “Vroegoggend… ‘n verlate plek… het Hy gebid.”

Hier beklemtoon Markus hoe belangrik gebed vir Jesus was.  Dat Jesus bid, wys ook dat Hy nie op Sy eie optree nie, maar in afhanklikheid van die Vader.

vers 37:  “Almal soek U.”

Die mense begin bewus raak van die wonderwerke wat Jesus doen en begin na Hom soek.

vers 38:  “”Laat ons… na naburige dorpies gaan…”

Jesus moet na die omliggende dorpe toe gaan sodat Hy ook daar kan preek.  Dit is immers waarvoor God Hom gestuur het.

HOOFSTUK 1:40 – 45
Jesus maak ‘n melaatse man gesond
vers 40:  ” ‘n Melaatse kom toe na Jesus… en se:  As U wil, kan U my rein maak”

‘n Melaatse – Destyds is die begrip “melaatsheid” vir ‘n groot verskeidenheid velsiektes gebruik.  Mense wat as “melaatses” beskou is, moes hulle van die samelewing onttrek en het dikwels buite stede en dorpe gewoon omdat hulle as onrein beskou is.

vers 41:  “Jesus het hom innig jammer gekry… hom aangerek… Ek wil word rein.”

“Jammer gekry” – Net Markus skryf van Jesus se emosies.  Die klem val op Jesus se liefde vir die mensdom.

“hom aangeraak” – Jesus steur Hom nie aan sosiale reels dat ‘n mens nie aann melaatses mag raak nie.

“wil word rein” – Letterlik, word gesond.  Die word lei tot die wonder.

vers 42:  “die melaatsheid… onmiddellik verlaat… rein geword”

Dit bevestig Jesus se goddelike mag as die Seun van God.

vers 44:  “Jesus hom… gewaarsku… vir niemand iets vertel nie… gaan wys jouself vir die priester… bring die offer vir jou reiniging… as bewys vir hulle.”

“vir niemand iets vertel nie” –  Jesus wou nie deur gerugte van wondere die aandag trek nie, maar op Sy eie tyd en wyse Homself as die Messias openbaar.

“gaan wys jouself aan die profeet” – Die priester moes bevestig dat die man nie meer belaats en dus nie meer onrein was nie.  Voorskrifte in Lev 13:49; 14:2-32 uitgevoer moes word, sodat hy rein verklaar en weer in die samelewing opgeneem mag word.

“offer vir jou reiniging” – die melaatse man moes ook offers bring om rein verklaar te word.

“as bewys vir hulle” – Die priester se aanvaarding van die man se offer het as publieke bevestiging gedoen vir sy gesondmaking en reinheid.

HOOFSTUK 2:1-3:6
In hierdie deel word 5 konflikverhale vertel

1ste Konflikverhaal
2:1-12 – Jesus vergewe ‘n verlamde man se sonde en genees hom, die skrifkenners is ontevrede oor Jesus se optrede.

2de Konflikverhaal
2:13-17
– Fokus op Jesus wat kontak het me tollenaars.  Tollenaars is as “sondaars” beskou en deur mense vermy.

3de Konflikverhaal
2:18-22
– Handel oor die feit dat Jesus en Sy dissipels nie gewas het nie.

4de Konflikverhaal
2:23-28
– Word Jesus en Sy dissipels verwys dat hulle die Sabbat oortree.

5de Konflikverhaal
3:1-6
– Die punt van dispuut is weer dat Jesus iemand op die Sabbat gesond maak.

HOOFSTUK 2:1-12
Jesus vergewe en genees ‘n verlamde persoon

Dorp:  Kapernaum
Plek:  In ‘n huis, heel waarskynlik in die huis van Petrus se skoonmoeder.

vers 3:  ” ‘n verlamde gedra deur vier van hulle…”
vers 4:    ” ‘n deel van die dak… oopgebreek… laat afsak”

Die vier manne wat die verlamde dra is vasbeslote om Jesus te bereik ten spyte van die skare.

vers 5:  “Toe Jesus hulle geloof sien, se Hy vir die verlamde man: Kind, jou sondes word vergewe.”

Die volharding van die draers en die sieke  getuig van hulle geloof in Jesus as enigste Redder.  Hulle geloof word deur Jesus gesien.

“sondes word vergewe” – Slegs God kan sondes vergewe.  Omdat Jesus die Seun van God(en ook die Seun van die Mens) is, het Hy die Goddelike gesag om sondes te vergewe.

Die agtergrond van hierdie gebeure is die Joodse opvatting van daardie tyd dat siekte deur ‘n mens se sonde veroorsaak is.  Uit vers 5 kan ‘n mens aflei dat Jesus by hierdie gedagte aansluit:  Die man se sonde word vergewe en dit loop uit op sy liggamlike genesing.

vers 7:  “Hy laster!”

Die skrifkenners beskou Jesus as ‘n blote mens;’  daarom kan hulle nie aanvat dat Hy die mag het om sondes te vergewe nie.  Die skrifkenners het geweie om Jesus se krag wat Hy van God ontvang het te erken en minder ook dat Hyself ook God is.

vers 8:  “Jesus in Sy gees geweet”

Die Almagtige weet alles!  Hy weet wat hulle dink.

vers 10:  “Seun van die Mens”

Jesus gebruik die naam vir Homself om sy vernedering te benadruk.  Die benaming verskyn 14 keer in Markus (2:10, 28 / 8:31, 38 / 9:9, 12, 31 / 10:35, 45 / 13:26 / 14:21, 41, 62).

vers 11:  “Ek se vir jou [1] staan op, [2] tel jou slaapmat op en [3] gaan na jou huis

Jesus gee vir die verlamde man 3 spesifieke opdragte: 

  1. Die vergewing van sy sondes, en daarna
  2. Die gesondmaking van die liggaam

Jesus moes eers die man ten volle vryspreek van sy sonde en alle skuldgevoel verwyder.  Die Griekse werkwoord “word vergewe” in vers 5 beteken “om weg te stuur”.

vers 12:  “almal verbaas was en God geprys…”

Sodanig is Jesus se optrede dat nie Hy nie, mar God die Vader, alle eer ontvang.

HOOFSTUK 2:13 – 17
Jesus roep Levi (Mattheus) die tollenaar om Sy dissipel te word

vers 14:  “sien Hy Levi… by die tolhuis sit… se vir hom:  Volg My!”

Volgens Matt 9:9 heet hy Mattheus, word een van die 12 dissipels.

“tolhuis” – Die tolhuis dien as belastingkantoor gelee op ‘n kruispunt van hoofwee.  Levi was ‘n publieke belasting invorderaar.  As tollenaar was hy ‘n uitgeworpene, alhoewel hy ‘n Jood was, het hy vir die gehate Romeinse oorheersers gewerk en is dus as ‘n verraaier beskou.  Tollenaars het ook dikwels meer geld van die mense geneem as waarop hulle eintlik geregtig was.  Baie van die tollenaars het so baie ryk geword ten koste van hul eie mense.

“volg My! … opgestaan en Hom gevolg”

Volg My! – Die gehoorsaming van die oproep beteken gelyktydig die bevryding van sondes en van aardse gebondenheid.  Hierdie dadelike aksie van Levi is ‘n aanduiding van sy ommekeer, sy sonde belydenis en vergifnis.

vers 15:  “Jesus in Levi se huis… vir ete… baie tollenaars en sondaars saam met Hom”

Vir Jesus, sy Redder, rig Levi ‘n maaltyd aan waarby hy sy beroepsvriende, tollenaars en sondaars, uitnooi om Hom van nader te leer ken.

Deur saam met die tollenaars en sondaars te eet, het Jesus Hom met hulle geassosieer en sou hy volgens destydse beskouing ook onrein wees.

“sondaars” – ‘n Term wat die Jode gebruik het om mense te beskryf wat geen respek vir die wet of hulle Joodse tradisies het het nie.  Omdat hulle die wette nie onderhou nie, is tollenaars en sondaars as onrein beskou;  daarom is die reine Farriseers verontwaardig en hou hulle afsydig.

vers 16:  “Farriseers” – ‘n groep onder die Jode wat streng volgens die letter van die wet probeer leef.  Leef dus meer op uiterlike wetsgetrouheid as die innerlike.
vers 17:  “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes.  Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars”

Die skrifkenners en Fariseers het hulself as “gesond en regverdig” beskou.  Volgens Joodse beskouing was mense wat voorbeeldig gelewe het en die wet nagekom het nie sondaars nie.  Jesus het egter gekom vir diegene wat besef dat hulle “sondaars” is.  

HOOFSTUK 2:18-22
Vastyd en Feestyd
vers 18:  “Johannes se dissipels en die Fariseers was besig om te vas”

Johannes was alreeds in die tronk (sien Matt 4:12).

Die disspipels het nie Jesus gevolg nie, maar die Farisese tradisies gevolg (sien ook Matt 9:14).

“om te vas” – Om te vas was ”n baie belangrike gebruik in die Jodedom.  Die Fariseers het elke week 2 dae gevas (sien Luk 18:12).  Dit is bedoel as’ ‘n teken van rou oor ‘n groot verlies, andersins was dit ‘n teken van selverloening en berou oor jou sondes.

vers 19:  “Jesus se:  ‘Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie?'”

Die beeldspraak het Messiaanse betekenis (sien ook Matt 25:1).  Die bruidegom is die Messias en so dui Jesus Homself hier aan.

Die bruilofsgaste, sy volgeling wat ‘n troue seremonie bywoon, sal tog nie vas nie, hulle is daar om die feesviering saam met die bruidegom (Messias) te geniet.

Dit was dus nie vir Jesus se dissipels nodig om te vas nie, die tyd daarvoor was nie reg nie (sien 2de deel van vers 19:  “Solank hulle die bruidegom (Messias) by hulle het, kan hulle nie vas nie”.)

Daar was geen rede vir Jesus se dissipels om te vas of om te rou nie, dit was ‘n tyd om Jesus se teenwoordigheid ten volle te geniet.

vers 20:  “bruidegom van hulle weggeneem word:  dan sal hulle vas…”

“weggeneem” – Verwysing na Jesus se kruisiging en dood.  Hulle sal dan vas as ‘n teken van droefheid omdat Jesus van hulle weggeneem is.

Jesus gee 2 gelykenisse:

vers 21:  “Niemand werk ‘n ongelompte (nuwe) stuk lap op ‘n ou kledingstuk vas nie;  anders skeur die nuwe stuk van die oue af en word die skeur net groter.”
vers 22:  “Niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie;  anders sal die wyn die leersakke laat oopbars, en sowel die wyn as die leersakke sal tot niet gaan.  Nee, nuwe wyn in nuwe leersakke!”

Met die beeld van die nuwe lap op ‘n ou kleed en van die nuwe wyn in die ou leersakke, wil Jesus se dat Hy ‘n nuwe era en ‘n nuwe bedeling gebring het wat nie met die ou godsdienstige vorme pas nie.  Jesus se nuwe ewige boodskap van belydenis en vergifnis van sonde kan nie vermeng word met die ou tradisies van self regverdigheid en rituele nie.  

“nuwe leersakke” – Nuwe en ongebruikte leersakke is sterk en elasties om die fermentasie proses van nuwe wyn te hanteer.