Lukas

Lukas, die skrywer, word slegs 3 keer na verwys in die Nuwe Testament:

  • 1 Kol 4:14 “Lukas, die geliefde dokter, en Demas groet julle.”
  • Filemon 24 “So ook my medewerkers, Markus, Aristargus, Demas en Lukas.”
  • 2 Tim 4:11 “Net Lukas is nog by my.  Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy is vir my nuttig in die bediening.”

In bogenoemde 3 tekse word Markus ook genoem, wat wys dat Markus en Lukas medewerkers was.

Lukas skryf die boek in ongeveer 60 nC, terwyl Paulus in Cesaréa in gevangenis was.  Handelinge word ook deur Lukas geskryf waar Paulus in Rome in gevangenskap is, ‘n tydperk van 2 jaar as gevangene.  Die 2 boeke word gerig aan dieselfde persoon:  Teofilus, in ‘n mate 2 volumes van 1 werk.

Die gebeure van Jesus se lewe en Sy woorde was mondelings oorgedra na baie jare deur die dissipels en andere en was ‘n algemene omgang tussen die Christene.  Dit was vir die Dissipels hul bestanddeel vir hul daaglikse verkondiging en prediking.

Die doel en metode van Lukas die skrywer
vers 2: “Baie mense … ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het.”

Lukas is nie self ‘n ooggetuie nie, maar aan wie die inligting deur oorspronklike ooggetuies oorgelewer is.

vers 3:  “geagte Theofilus, … self alles stap vir stap van voor af noukeurig te ondersoek en dit in volgorde vir u neer te skryf”

“Theofilus” – Liefhebber van God.  Hy was moontlik ‘n goedgesinde wat bereid was om te help en die Skrif so wyd moontlik te versprei.  Sien ook Handelinge 1:1

“van voor af” – Lukas begin in sy Evangelie nie maar eers by Jesus se openbare optrede (soos Markus) nie, maar reeds met die aankondiging van die geboorte van Sy voorloper, Johannes die Doper.

“alles noukeurig te ondersoek” – Hy het doelbewus alle beskikbare inligting nagegaan om so ‘n volledige weergawe as wat nodig was, te kon gee.  Hy het na ‘n mate van volledigheid gestrewe, blyk uit die feit dat sy Evangelie die omvattendste van al 4 die evangelies is.

“in volgorde” – Hy bedoel nie dat alles streng kronologies sou weergee nie, maar dat dit sy voorneme was dat sy verhaal ‘n samehangende en ordelike geheel moet vorm.

vers 4:  “sodat u verseker kan weet dat die onderrig wat u oor hierdie gebeure ontvang het, betroubaar is.”

“u verseker kan weet” – Theofilus het wel reeds mondelinge onderrig ontvang.  Darom rig Lukas sy skrywe tot hom, sodat hy met volle sekerheid die waarheid kan leer ken.  Heel  waarskynlik is die lees van die Evangelie, wat aan hom opgedra is, deur die Here gebruik om Theofilus tot volle geloofsekerheid te bring.

Geboorte van Johannes aangekondig
Net Mattheus en Lukas vertel die geboorte van Jesus, Lukas meer volledig as Mattheus, elkeen skryf verskillende gebeure.

Mattheus:
Die geslagsregister (1:1-17)
Nuus aan Josef & geboorte van Jesus (1:18-25)
Sterrekenners uit die Ooste (2:1-12)
Die vlug na Egipte (2:13-15)
Die kindermoord (2:16-18)
Terugkeer uit Egipte (2:19-23)

Lukas
Nuus aan Sagaria (1:5-25)
Nuus aan Maria (1:26-30)
Maria en Elisabet (1:39-56)
Geboorte van Johannes (1:57-80)
Geboorte van Jesus (2:1-7)
Die skaapwagters (2:8-20)
Besnydenis van Jesus (2:21)
Wyding van Jesus aan die Here (2:22-32)
Terugkeer na Nasaret (2:39)

vers 5: “In die tyd van Herodes, koning van Judea, was daar ‘n priester vanuit die diensgroep van Abia met die naam Sagaria, sy vrou uit Aaron se nageslag en haar naam was Elisabet.”

“Herodes” – Hier is Herodes die Grote.  Hy was koning van Palestina vanaf 37 – 4 vC.

“Sagaria” – beteken “God het onthou”

“diensgroep van Abia” – Die priesters was in 24 afdelings verdeel, waar ‘n afdeling 2 keer per jaar vir 1 week diens gedoen het.  Abia was die 8ste afdeling (1 Kronieke 24:1-19).

“uit Aaron” – Elisabet ook uit ‘n priesterlike familie lyn.  Dit was as besonder spesiaal beskou as ‘n priester ook met ‘n vrou uit ‘n priesterlike familie getrou het.

vers 6:  “Hulle was albei regverdig in die oë van God en het onberispelik volgens al die gebooie en voorskrifte van die Here geleef”

“albei regverdig” – Hiermee word nie bedoel dat hulle geheel en al sondeloos was nie.

“al die gebooie en voorskrifte” – Johannes het dus voorgespruit uit ‘n ouerpaar in wie die hoogste vorm van Ou Testamentiese gehoorsaamheid in hul gebonde was.

vers 7:  “Hulle was kinderloos, omdat Elisabet onvrugbaar was en albei van hulle al op ver gevorderde leeftyd was.”

“kinderloos” – vir ‘n Joodse egpaar was kinderloosheid baie sleg, omdat hulle daardeur uitgeskakel word as moontlike ouers of voorouers van die verwagte Messias.  Dit is vererger deur die feit dat albei op ver gevorderderde leeftyd was.

vers 7: “Toe Sagaria sy diensgroep se beurt voor God tempeldiens gedoen het…”

Omdat daar so baie priesters was, was dit nie toegelaat dat ‘n priester meer as 1 keer in sy lewe die reukwerk brand nie.

vers 9: “…deur die lot aangewys om die heiligdom van die Here binne te gaan en die reukoffer te bring.”

Sien Eksodus 30:7-8 en 2 Kronieke 29:11

In die oggend en in die middag is die offer van kosbare speserye op die goue reukaltaar in die Heilige deel gebring, volgens Numerie 16:7.  Die goue reukaltaar het net voor die voorhangsel gestaan wat die Heilige van die Allerheiligste deel geskei het.

vers 10:  “En die hele menigte van die volk was besig om op die tyd van die reukoffer buite te bid.”

“buite te bid” – Terwyl die priester binne is sal die res van die priesters en aanbidders buite in die voorhof van die tempel wees, besig om God te loof en te aanbid.

Vers 11/12: ” ‘n Engel van die Here het toe aan hom verskyn en aan die regterkant van die altaar van die reukwerk gestaan.  Sagaria was ontsteld toe hy hom sien, en vrees het hom oorval.”

“ontsteld en vrees” – Is een van die mees algemene reaksies wanneer iemand ‘n engel sien of die teenwoordigheid van God ervaar (sien Rig 6:22-24, die Here is vrede!)

Vers 13:  “Engel se:  Moenie bang wees nie, Sagaria, … jou gebed is verhoor… geboorte gegee aan ‘n seun, en jy moet hom Johannes noem.”

“Moenie bang wees nie” – in die Ou en Nuwe Testament kom hierdie woorde dikwels voor en altyd word die rede aangegee waarom die gelowige nie moet vrees nie.

“jou gebed is verhoor”  – waarskynlik ‘n gebed vir kinders in sy huis.

“Geboorte gee aan ‘n seun” – nie net ontvang hierdie egpaar genade met die geboorte van ‘n seun nie, maar Johannes sou die wegbereider word van die verlosser – wat God se genade aan die hele volk sou bring.

Johannes” – beteken “God is/betoon genade”.

vers 14:  Jy sal blydskap en uitbundige vreugde beleef en baie mense sal bly wees oor sy geboorte.

“uitbundige vreugde” – omdat hy as voorloper van die Messias sal optree.

vers 15:  Inderdaad hy sal groot wees in die oë van die Here.  Hy sal glad nie wyn en gegiste drank drink nie, en hy sal reeds van voor sy geboorte af met die Heilige Gees vervul wees.

“sal groot wees” – sal in die Naam van God ‘n belangrike roeping vervul.

“nie wyn en gegiste drank” – olie was ‘n deel van die Nasireers belofte (Num 6:1-21).  Gewoonlik so ‘n belofte was tydelik, maar Simson (Rigters 16:17) en Samuel (1 Sam 1:11) was permanent vanaf geboorte.  Dit beteken egter nie dat Johannes ‘n Nasireer was nie, dog dit dien as teken van sy algehele toewyding aan sy besondere roeping.

“voor sy geboorte” – Dat Johannes met die Heilige Gees vervul sou wees nog voor sy geboorte, is ‘n teken dat die eindtyd van God se besondere teenwoordigheid aangebreek het.

Vers 16:  “Hy sal baie van die kinders van Israel na die Here hulle God laat terugkeer.”

Een van die funksies van ‘n ware profeet was om die volk weer terug te roep om God te dien.

vers 17:  “Hy sal met die gees en krag van Elia voor die Here uitgaan om die harte van vaders na hulle kinders terug te bring en ongehoorsames na die denkwyse van regverdiges, en so ‘n goed voorbereide volk vir die Here gereed te maak.”

Mal 3:1 en Mal 4:5-6 voorspel uitdruklik dat voordat Jesus die Messias aan sy volk verskyn, Hy ‘n boodskapper uit sal stuur om vir Hom die weg te baan.

“met gees en krag van Elia” – nie ‘n herverskyning van Elia nie, maar ‘n man wat in sy optrede met Elia ooreenkom.

“om die harte van die vaders na hulle kinders terug te bring” – met “vaders” word hier bedoel die voorvaders van Israel.  Hulle is met afkeer vervul teenoor hulle kinders wat in goddeloosheid verval het.  Nou sal Johannes deur die krag van die Heilige Gees dit bewerk dat baie van die kinders hulle tot God bekeer en so afsien van hulle sonde.  Daarmee sal hulle as’t ware die toegeneentheid van hulle voorouers terugwin.

“regverdiges” – vromes wat die Here vrees.

“goed voorbereide volk” – ‘n volk gereed vir die koms van die Messias.

Vers 18:  “Sagaria sê toe vir die engel”  Hoe sal ek dit weet?  Want ek is al oud en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.”

Sagaria twyfel en vra vir ‘n teken wat die waarheid van die voorspelling sal bewys, hy gee ook sy rede hoekom. Abraham vra ook vir ‘n teken (sien Genesis 15:8).  Gideon vra ook vir ‘n teken, sien Rigters 6:36-39.

HOOFSTUK 1:1-8
Die Evangelie vind sy begin in die optrede van Johannes die Doper wat die brug slaan tussen die Ou en die Nuwe Testament
vers 1: “die Evangelie van Jesus Christus die Seun van God”

die evangelie -dit beteken:  goeie nuus

Jesus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “Yeshua” – albei woorde beteken Verlossing

Christus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “”Mashiach” – albei woorde beteken Gesalfde. Afrikaans: Messias

Markus gee die redes hoekom hy sy Evangelie geskryf het, naamlik om die vraag te beantwoord:  Wie is Jesus werklik?

Hy gee die antwoorde:  Jesus is nie net die Messias nie, Hy is die Seun van God.

verse 2-3:  Die aanhaling uit Mal 3:1 en Jes 40:3 le die eenheidsband tussen die Ou en Nuwe Testament, heenwysings na Johannes die Doper as wegbereider.  Volgens die plan sou daar eers ”n boodskapper” gestuur word om die koms van die Messias aan te kondig en die pad vir Hom reg te maak. 
Die Jode het verwag dat die Messias se koms voorafgegaan sou word deur die koms van ‘n profeet soorgelyk aan Elia.
vers 4:  “doop van bekering… die vergewing van sondes”

Johannes die Doper het die mense opgeroep tot bekering.  Dit behels ‘n totale, nuwe toewyding aan God.  As bevestiging van die nuwe lewenstyl is hulle dan in die Jordaan gedoop.  Op grond van die Ou Testament het die Joodse volk verwag dat daar in die laaste dae so ‘n groot beskermingsproses sou plaasvind (Jer 31:34).  Volgens Markus is dit presies wat nou aan die gebeur is.

vers 7:  “Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van Sy sandale los te maak nie.”

Een van die basiese take van ‘n slaaf, was om die riempies van sy meester se sandale los te maak.  Die Een wat kom, is so belangrik dat Johannes nie eers werd is om te buk en Sy sandale los te maak nie.  Uitdrukking van Johannes se nederigheid, hy wou die aandag ten volle op Jesus plaas.

vers 8:  “… Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

Dit gebeur wanneer iemand in Jesus begin glo.

HOOFSTUK 1:9-11
Jesus begin Sy openbare lewe na die doop deur Johannes
vers 9:  “… en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.”

Hoekom het Jesus Hom laat doop?

  1. Die antwoord is in Matt 3:15, Jesus was gedoop omdat dit nodig was vir die vervulling van alle geregtigheid.
  2. Deur die doop het Jesus Hom met die sondaar vereenselwig.
  3. Jesus se doop het as teken gedien vir Johannes en vir toekomstige gelowiges, dat Hy die Messias was.
  4. Deur Sy doop was Johannes se bediening om die weg van die Messias voor te berei nou voltooi.
  5. Belangrike nog dat God die Vader self bevestig dat Jesus sy Seun is, sien vers 11.
vers 10:  “Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos ‘n duif op Hom sien neerdaal”.

Duif is die simbool van vrede, reinheid en lydsaamheid;  kom die Heilige Gees op Jesus om Hom toe te rus vir Sy publieke lewe.

vers 11:  ” ‘n stem uit die hemel ‘Jy is my Seun, my geliefde.  Oor Jou verheug Ek My!’ “

Hierdie woorde sluit aan by Ps 2:7 en Jes 42:1, waardeur God nie net bevestig dat Jesus sy Seun is nie, maar reeds se dat Hy ook God se lydende dienskneg sal wees.  Die Hoogste Gesag het gese wie Jesus is.

Ps 2:7  “Jy is my Seun, vandag het Ek Jou verwek.”

Jes 42:1 “Kyk hier is my Dienskneg wat Ek ondersteun.  My Uitverkorene in wie my binneste vreugde vind.  Ek het My Gees op Hom laat kom.  Hy sal reg vir die nasies laat deurbreek.”

HOOFSTUK 1:12-13   Die Versoeking
Breedvoerig beskryf in Matt 4:1-11 en Luk 4:1-13
vers 12:  “Direk daarna het die Gees Hom…”

Jesus se versoeking vind dadelik plaas na Sy doop.

vers 13:  “Hy was 40 dae lank…”

Net soos Moses (Eks 34:28) en Elia (1 Kon 19:8) vertoef Jesus daar sonder voedsel.  Daar word Hy deur Satan versoek.

vers 13:  “Hy was saam met wilde diere…”

‘n Aanhaling uniek aan Markus, wat Jesus se alleenheid en algehele isolasie van ander mense aandui.

HOOFSTUK 1:14-15  Die begin van Jesus se verkondiging

Tussen vers 13 en vers 14 is die gebeure wat plaasvind in Joh 1:35 – 4:54, n tydperk van ongeveer een jaar:

  • Eerste dissipels
  • Bruilof by Kana
  • Reiniging van die tempel terrein;  gesprek met Nikodemus
  • Prediking in die laer omgewing van die Jordaan
  • Jesus en die Samaritaanse vrou
  • Genesing van die amptenaar se seun

Die groeiende vyandskap van die Fariseers en Herodes Antipas se gevangenskap van Johannes die Doper het Jesus laat besluit om verder weg van Jerusalem te gaan, vestig toe in Galilea.

vers 14:  “Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan…”

Hy het gese:……..

vers 15:  “Hy het gese: Die bestemde tyd is vervul, en die koninkryk van God is op handeBekeer julle en glo die evangelie.”

“Die bestemde tyd is vervul” – Alles wat volgens die here moes plaasvind en wat deur die profete aangekondig is, is nou vervul;  die tyd van die Here het aangebreek.

“… die koninkryk van God is op hande” – Die openbaring van die heerskappy van God.  Dit geskied nie deur die oprigting van ‘n sigbare aardse ryk nie, maar deur die onderwerping van Satan.  Die ryk breek aan by die koms van Jesus en vind sy voleinding by die wederkoms.

“Bekeer julle en glo…” – 2 voorwaardes om deel te wees van Sy koninkryk:  bekeer en glo.

HOOFSTUK 1:16 – 20
Roeping van eerste
dissipels

2 Broerpare word geroep

vers 16:  Simon en Andreas
vers 19:  Jakobus en Johannes
vers 17:  Jesus se “Volg My en Ek sal julle vissers van mense laat word”

Die volgende aspekte van dissipelskap kom hier na vore in verse 16 – 20:

  • Jesus, en nie die voornemende dissipel nie, neem die inisiatief en roep sy eerste dissipels.
  • Dat hulle met ‘n spesifieke doel geroep word (om vissers van mense te wees).
  • Dat hulle bereid is om dadelik alles te los om Hom te volg.
HOOFSTUK 1:21 – 28
Jesus genees iemand met ”n onrein gees

Jesus leer met gesag en demonstreer Sy mag oor onrein geeste.

vers 21 – 23: 

Plek:  Kapernaum in die Sinagoge
Dag van die week:  Sabbat
Streek:  Galilea
Genees wie:  Naam onbekend, ‘n man met ‘n onrein gees.

vers 24:  “hy het hard geskreeu:  Los ons uit Jesus van Nasaret!  Het U gekom om ons te vernietig?  Ek weet wie U is – U is die Heilige van God.”

Ons – Die onrein gees in die meervoud praat, die bose geeste in die algemeen;  hulle weet dat Jesus gekom het om hulle te vernietig.

Ek weet wie U is…” – Omdat die man onder beheer van Satan is, weet hy wie Jesus is.  Jesus is gevul met die Heilige Gees;  dus is Hy die heilige an God.

vers 25:  “Bly stil en gaan uit hom uit!”

Jesus wil nie ontydig en sekerlik nie by monde van ‘n bose gees, as die Messias bekend gesel word nie.  Hy sou Homself bekend stel, maar dan op die tyd en wyse deur God bepaal, naamlik deur lyding, dood en opstanding (sien ook vers 34).

vers 26:  “… die onrein gees… uit hom uitgegaan”

Die onreine gees kon teen die woord van Jesus geen weerstand bied nie.

Dit is belangrik om raak te sien dat niemand anders as die onrein geeste op hierdie stadium besef wie Jesus werklik is nie.  Nie die ander mense of selfs die dissipels besef nog wie Hy werklik is nie.

HOOFSTUK 1:  29-31
Skoonmoeder van Simon/Petrus word genees
vers 29:  Nadat hulle uit die sinagoge gekom het…”

Die gebeure vind plaas op dieselfde Sabbat van vers 21-28.

vers 31:  “Hy het na haar gegaan, haar hand gevat en haar opgehelp.  Die koors het haar verlaat…”
HOOFSTUK 1:35 – 39
Jesus se prediking in Galilea
vers 35:  “Vroegoggend… ‘n verlate plek… het Hy gebid.”

Hier beklemtoon Markus hoe belangrik gebed vir Jesus was.  Dat Jesus bid, wys ook dat Hy nie op Sy eie optree nie, maar in afhanklikheid van die Vader.

vers 37:  “Almal soek U.”

Die mense begin bewus raak van die wonderwerke wat Jesus doen en begin na Hom soek.

vers 38:  “”Laat ons… na naburige dorpies gaan…”

Jesus moet na die omliggende dorpe toe gaan sodat Hy ook daar kan preek.  Dit is immers waarvoor God Hom gestuur het.

HOOFSTUK 1:40 – 45
Jesus maak ‘n melaatse man gesond
vers 40:  ” ‘n Melaatse kom toe na Jesus… en se:  As U wil, kan U my rein maak”

‘n Melaatse – Destyds is die begrip “melaatsheid” vir ‘n groot verskeidenheid velsiektes gebruik.  Mense wat as “melaatses” beskou is, moes hulle van die samelewing onttrek en het dikwels buite stede en dorpe gewoon omdat hulle as onrein beskou is.

vers 41:  “Jesus het hom innig jammer gekry… hom aangerek… Ek wil word rein.”

“Jammer gekry” – Net Markus skryf van Jesus se emosies.  Die klem val op Jesus se liefde vir die mensdom.

“hom aangeraak” – Jesus steur Hom nie aan sosiale reels dat ‘n mens nie aann melaatses mag raak nie.

“wil word rein” – Letterlik, word gesond.  Die word lei tot die wonder.

vers 42:  “die melaatsheid… onmiddellik verlaat… rein geword”

Dit bevestig Jesus se goddelike mag as die Seun van God.

vers 44:  “Jesus hom… gewaarsku… vir niemand iets vertel nie… gaan wys jouself vir die priester… bring die offer vir jou reiniging… as bewys vir hulle.”

“vir niemand iets vertel nie” –  Jesus wou nie deur gerugte van wondere die aandag trek nie, maar op Sy eie tyd en wyse Homself as die Messias openbaar.

“gaan wys jouself aan die profeet” – Die priester moes bevestig dat die man nie meer belaats en dus nie meer onrein was nie.  Voorskrifte in Lev 13:49; 14:2-32 uitgevoer moes word, sodat hy rein verklaar en weer in die samelewing opgeneem mag word.

“offer vir jou reiniging” – die melaatse man moes ook offers bring om rein verklaar te word.

“as bewys vir hulle” – Die priester se aanvaarding van die man se offer het as publieke bevestiging gedoen vir sy gesondmaking en reinheid.

HOOFSTUK 2:1-3:6
In hierdie deel word 5 konflikverhale vertel

1ste Konflikverhaal
2:1-12 – Jesus vergewe ‘n verlamde man se sonde en genees hom, die skrifkenners is ontevrede oor Jesus se optrede.

2de Konflikverhaal
2:13-17
– Fokus op Jesus wat kontak het me tollenaars.  Tollenaars is as “sondaars” beskou en deur mense vermy.

3de Konflikverhaal
2:18-22
– Handel oor die feit dat Jesus en Sy dissipels nie gewas het nie.

4de Konflikverhaal
2:23-28
– Word Jesus en Sy dissipels verwys dat hulle die Sabbat oortree.

5de Konflikverhaal
3:1-6
– Die punt van dispuut is weer dat Jesus iemand op die Sabbat gesond maak.

HOOFSTUK 2:1-12
Jesus vergewe en genees ‘n verlamde persoon

Dorp:  Kapernaum
Plek:  In ‘n huis, heel waarskynlik in die huis van Petrus se skoonmoeder.

vers 3:  ” ‘n verlamde gedra deur vier van hulle…”
vers 4:    ” ‘n deel van die dak… oopgebreek… laat afsak”

Die vier manne wat die verlamde dra is vasbeslote om Jesus te bereik ten spyte van die skare.

vers 5:  “Toe Jesus hulle geloof sien, se Hy vir die verlamde man: Kind, jou sondes word vergewe.”

Die volharding van die draers en die sieke  getuig van hulle geloof in Jesus as enigste Redder.  Hulle geloof word deur Jesus gesien.

“sondes word vergewe” – Slegs God kan sondes vergewe.  Omdat Jesus die Seun van God(en ook die Seun van die Mens) is, het Hy die Goddelike gesag om sondes te vergewe.

Die agtergrond van hierdie gebeure is die Joodse opvatting van daardie tyd dat siekte deur ‘n mens se sonde veroorsaak is.  Uit vers 5 kan ‘n mens aflei dat Jesus by hierdie gedagte aansluit:  Die man se sonde word vergewe en dit loop uit op sy liggamlike genesing.

vers 7:  “Hy laster!”

Die skrifkenners beskou Jesus as ‘n blote mens;’  daarom kan hulle nie aanvat dat Hy die mag het om sondes te vergewe nie.  Die skrifkenners het geweie om Jesus se krag wat Hy van God ontvang het te erken en minder ook dat Hyself ook God is.

vers 8:  “Jesus in Sy gees geweet”

Die Almagtige weet alles!  Hy weet wat hulle dink.

vers 10:  “Seun van die Mens”

Jesus gebruik die naam vir Homself om sy vernedering te benadruk.  Die benaming verskyn 14 keer in Markus (2:10, 28 / 8:31, 38 / 9:9, 12, 31 / 10:35, 45 / 13:26 / 14:21, 41, 62).

vers 11:  “Ek se vir jou [1] staan op, [2] tel jou slaapmat op en [3] gaan na jou huis

Jesus gee vir die verlamde man 3 spesifieke opdragte: 

  1. Die vergewing van sy sondes, en daarna
  2. Die gesondmaking van die liggaam

Jesus moes eers die man ten volle vryspreek van sy sonde en alle skuldgevoel verwyder.  Die Griekse werkwoord “word vergewe” in vers 5 beteken “om weg te stuur”.

vers 12:  “almal verbaas was en God geprys…”

Sodanig is Jesus se optrede dat nie Hy nie, mar God die Vader, alle eer ontvang.

HOOFSTUK 2:13 – 17
Jesus roep Levi (Mattheus) die tollenaar om Sy dissipel te word

vers 14:  “sien Hy Levi… by die tolhuis sit… se vir hom:  Volg My!”

Volgens Matt 9:9 heet hy Mattheus, word een van die 12 dissipels.

“tolhuis” – Die tolhuis dien as belastingkantoor gelee op ‘n kruispunt van hoofwee.  Levi was ‘n publieke belasting invorderaar.  As tollenaar was hy ‘n uitgeworpene, alhoewel hy ‘n Jood was, het hy vir die gehate Romeinse oorheersers gewerk en is dus as ‘n verraaier beskou.  Tollenaars het ook dikwels meer geld van die mense geneem as waarop hulle eintlik geregtig was.  Baie van die tollenaars het so baie ryk geword ten koste van hul eie mense.

“volg My! … opgestaan en Hom gevolg”

Volg My! – Die gehoorsaming van die oproep beteken gelyktydig die bevryding van sondes en van aardse gebondenheid.  Hierdie dadelike aksie van Levi is ‘n aanduiding van sy ommekeer, sy sonde belydenis en vergifnis.

vers 15:  “Jesus in Levi se huis… vir ete… baie tollenaars en sondaars saam met Hom”

Vir Jesus, sy Redder, rig Levi ‘n maaltyd aan waarby hy sy beroepsvriende, tollenaars en sondaars, uitnooi om Hom van nader te leer ken.

Deur saam met die tollenaars en sondaars te eet, het Jesus Hom met hulle geassosieer en sou hy volgens destydse beskouing ook onrein wees.

“sondaars” – ‘n Term wat die Jode gebruik het om mense te beskryf wat geen respek vir die wet of hulle Joodse tradisies het het nie.  Omdat hulle die wette nie onderhou nie, is tollenaars en sondaars as onrein beskou;  daarom is die reine Farriseers verontwaardig en hou hulle afsydig.

vers 16:  “Farriseers” – ‘n groep onder die Jode wat streng volgens die letter van die wet probeer leef.  Leef dus meer op uiterlike wetsgetrouheid as die innerlike.
vers 17:  “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes.  Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars”

Die skrifkenners en Fariseers het hulself as “gesond en regverdig” beskou.  Volgens Joodse beskouing was mense wat voorbeeldig gelewe het en die wet nagekom het nie sondaars nie.  Jesus het egter gekom vir diegene wat besef dat hulle “sondaars” is.  

HOOFSTUK 2:18-22
Vastyd en Feestyd
vers 18:  “Johannes se dissipels en die Fariseers was besig om te vas”

Johannes was alreeds in die tronk (sien Matt 4:12).

Die disspipels het nie Jesus gevolg nie, maar die Farisese tradisies gevolg (sien ook Matt 9:14).

“om te vas” – Om te vas was ”n baie belangrike gebruik in die Jodedom.  Die Fariseers het elke week 2 dae gevas (sien Luk 18:12).  Dit is bedoel as’ ‘n teken van rou oor ‘n groot verlies, andersins was dit ‘n teken van selverloening en berou oor jou sondes.

vers 19:  “Jesus se:  ‘Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie?'”

Die beeldspraak het Messiaanse betekenis (sien ook Matt 25:1).  Die bruidegom is die Messias en so dui Jesus Homself hier aan.

Die bruilofsgaste, sy volgeling wat ‘n troue seremonie bywoon, sal tog nie vas nie, hulle is daar om die feesviering saam met die bruidegom (Messias) te geniet.

Dit was dus nie vir Jesus se dissipels nodig om te vas nie, die tyd daarvoor was nie reg nie (sien 2de deel van vers 19:  “Solank hulle die bruidegom (Messias) by hulle het, kan hulle nie vas nie”.)

Daar was geen rede vir Jesus se dissipels om te vas of om te rou nie, dit was ‘n tyd om Jesus se teenwoordigheid ten volle te geniet.

vers 20:  “bruidegom van hulle weggeneem word:  dan sal hulle vas…”

“weggeneem” – Verwysing na Jesus se kruisiging en dood.  Hulle sal dan vas as ‘n teken van droefheid omdat Jesus van hulle weggeneem is.

Jesus gee 2 gelykenisse:

vers 21:  “Niemand werk ‘n ongelompte (nuwe) stuk lap op ‘n ou kledingstuk vas nie;  anders skeur die nuwe stuk van die oue af en word die skeur net groter.”
vers 22:  “Niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie;  anders sal die wyn die leersakke laat oopbars, en sowel die wyn as die leersakke sal tot niet gaan.  Nee, nuwe wyn in nuwe leersakke!”

Met die beeld van die nuwe lap op ‘n ou kleed en van die nuwe wyn in die ou leersakke, wil Jesus se dat Hy ‘n nuwe era en ‘n nuwe bedeling gebring het wat nie met die ou godsdienstige vorme pas nie.  Jesus se nuwe ewige boodskap van belydenis en vergifnis van sonde kan nie vermeng word met die ou tradisies van self regverdigheid en rituele nie.  

“nuwe leersakke” – Nuwe en ongebruikte leersakke is sterk en elasties om die fermentasie proses van nuwe wyn te hanteer.