Die Evangelie is geskryf deur xxx
Geslagsregister van Jesus, die Messiaskoning
vers 1: “Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die Seun van Abraham”
In die opskrif word die doel van die hele boek verklaar, naamlik om die geskiedenis van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham te beskryf.
“Jesus” – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “Yeshua” – albei woorde beteken Verlossing
“Christus” – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “”Mashiach” – albei woorde beteken Gesalfde. (Afrikaans: Messias)
“Seun van Dawid” – dui daarop dat Jesus ‘n koningsfiguur uit die geslag van Dawid is. Dit wys Hom ook aan as die Messias van Israel, omdat die Messias uit die nageslag van Dawid sou kom (2 Samuel 7:8-16). “Seun van Dawid” wys dus aan die begin van die boek Jesus se bediening onder sy volksgenote, die Jode.
“Seun van Abraham” – God se verbond met Israel beklemtoon wat alle mense insluit (Gen 12:1-3), want in Abraham wil God al die nasies van die wêreld seën.
God se beloftes in Abraham (Gen 12:1-3) wat al die nasies insluit en God se beloftes aan Dawid van enige koningskap (2 Samuel 7:8-16) het in Jesus, die Messias, die Gesalfde, tot vervulling gekom.
vers 2: Dit is opvallend dat nie die groot vrouename, Sara, Rebekka en Rage hier gelys word.
Dit is ongewoon vir vroue om in geslagsregisters genoem te word:
- Tamar (vers 3) – was a Kananiet, ‘n proostituut vertoon om Juda te verlei (Gen 38:13-30)
- Ragab (vers 5) – was ‘n heiden en ‘n prostituut (Josua 2:1)
- Rut (vers 5) – was ‘n Moabiet (Rut 1:3) en het afgode aanbid
- Batseba (vers 6) – “vrou van Uria” pleeg owerspel met Dawid
Hierdie nie-Joodse vroue in die geslagsregister van die Messias beklemtoon die genade van God.
vers 6: “Issai het Dawid, die koning, verwek”
Hierdie is nie ‘n omvattende geslagsregister nie. Tussen Ragab (in Jusa 2) en Dawid (vers 6) is daar ‘n tydper van ongeveer 4 eeue.
“Dawid het Salomo by die vrou van Urija verwek.” Mattheus volg die lyn van Dawid se Seun Salomo terwyl Lukas die ander seun van Dawin, naamlik Natan, volg. Die 2 registers verskil van Dawid tot by Josef.
vers 8: “Joram het Ussia verwek”
Mattheus laat 3 name weg, naamlik Ahasia, Joas en Amasia (2 Kon 8:24), gaan direk vanaf Joram na Ussia.
vers 11: “Josia Jojagin en sy broer verwek”
Weer word 2 name weggelaat, naamlik Jehoagas en Jojakim (2 Konings 23:31 – 37)
vers 12: “Sealtiël het Serubbabel verwek”
Volgens 1 Kronieke 3:19 was Pedaja die vader van Serubbabel. Pedaja en Sealtiël is broers. Elderes in die Ou Testament word Serubbabel die seun van Saltiël genoem (Haggai1:1, Esrra 3:2, Nehemia 12:1).
Dit is moontlik dat Sealtiël, sy vroerskind, Serubbabel aangeneem het.
vers 16: “en Jakob het Josef verwek, die man van Maria, uit wie Jesus, wat bekend staan as Christus, gebore is”
Die voorvoegsel “uit wie” verwys na Maria alleen. Josef was immers die wettige aardse pa van Jesus en volgens destydse gebruik was sy familieregister die bepalende een vir Jesus se aardse afstamming. Josef was nie die biologiese pa van Jesus nie, Jesus se verwekking was uit die Heilige Gees.
vers 17:
Veertien geslagte in 3 groepe, totaal van 42 generasies:
1ste groep: 1 000 jaar
2de groep: 400 jaar
3de groep: 600 jaar
Die 3de groep noem net 13 generasies. Waarom nie 14 nie, is nie duidelik nie. Hierdie geslagsregister word meer volledig gegee in 1 Kronieke 1-9. Dit bevat ‘n familie lyn waar God se beloftes oor die 4000 jaar oorgedra word, ‘n feit wat nie verduidelik kan word nie.
Die geboorte van Jesus die Messias
vers 18: “Toe Maria, sy moeder, reeds aan Josef verloof was”
Die Jode het verlowing as ‘n permanente verhouding beskou wat slegs deur ‘n regsproses verbreek kon word. Maria was dus beskou as Josef se vrou en hy haar van (vers 19), hoewel hulle nog nie intiem verkeer het nie.
Maria se status as maagd en dat sy verwagtend was deur die Heilige Gees (ook vers 20) beklemtoon die Goddelike herkoms van Jesus.
vers 19: “Josef, haar man, wetsgetrou was… in die geheim van haar te skei”
As ‘n wetsgehoorsame man was dit vir Josef moeilik om Maria as sy vrou te neem omdat sy vermodelik ontrou aan hom was. Indien hy haar openlik van ontrouheid beskuldig en die verlowing verbreek het, kon sy die doodstraf opgelê word (Deutronomium 22:23-27). Josef verkies egter om die verlowing privaat te verbreek (Deutronomium 24:1).
vers 20: “‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn…”
‘n Engel verklaar aan Josef in ‘n droom dat Maria nie ontrou was nie, maar dat sy swanger is deur die Heilige Gees.
Die engel van die Here verskyn in totaal 5 keer aan Josef: Mattheus 1:20, 2:12-13, 2:19, 2:22).
vers 21: “… jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal Sy volk van hulle sondes verlos.”
Jesus is die Griekse vorm van die Hebreeuse naam Yeshua wat beteken: Verlossing / Verlosser van sonde en dood. Naamgewing is die reg van die Joodse vader. In hierdie opdrag is opgesluit dat Josef vaderskap oor Jesus sal aanvaar.
vers 22 “… vervul kon word”
Mattheus verwys altesaam 12 keer na die vervullings van die Ou Testament profesieë (2:15, 17, 23 / 4:14 / 8:17 / 12:17 / 13:14, 35 / 21:4 / 26:54-56 / 27:9, 35). Hy kwoteer vanaf die Ou Testament meer as 60 keer, meer as enige ander Nuwe Testament skrywer, behalwe Paulus in Romeine.
vers 23: “Kyk, die maagd sal swanger word… en hulle sal Hom Immanuel noem… beteken God is met ons”
Die bogenoemde vers vervul Jesaja 7:14: “Immanuel… God is met ons”. Met die koms van Jesus het die heerskappy van God sigbaar onder ons kom verskyn. Mattheus sluit die boek af met die versekering dat Jesus by ons is (Mattheus 28:20).
verse 24-25: “Josef… het gemaak soos die engel… hom beveel het.”
Josef was ‘n regveredige en dus gehoorsaam aan die engel van die Here. Hy doen die volgende:
- Neem Maria as sy vrou.
- Was nie intiem met haar totdat sy geboorte gegee het nie.
- Josef het vir Hom sy naam “Jesus” gegee.
Versoeking van Jesus
vers 1: “Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.”
Die versoeking is deur God voorsien as ‘n toets vir die Messias se gehoorsaamheid en trou (Deutronomium 8:2). Hierdie toets, deur God geïnisieer (hoewel Hy niemand in die versoeking lei nie, Jakobus 1:13-14), is deur die duiwel uitgevoer in sy begeerte om Jesus tot sonde te verlei.
Die Messias is versoek op 3 areas (Hebr 4:15):
- die begeertes van die liggaam (verse 2-3)
- die begeertes van die oë (verse 8-9)
- die hoogmoed van die lewe (verse 5-6)
vers 2: “40 dae en 40 nagte het Hy gevas, en later honger geword.”
Moses was sonder kos of water op Sinai vir 40 dae en 40 nagte (Deutronomium 9:9) en ook Elia dieselfde tydperk gevas (1 Konings 19:8). In die eensaamheid en afsondering kon Hy ongehinderd met God verkeer.
“het Hy gevas” – Vaste met gebed het gegeld as voorbereiding vir ‘n opdrag deur God (Handelinge 13:3 en 14:24).
vers 3: “… die versoeker nader gekom en vir Hom gesê ‘As u die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode moet word.’ “
Satan stel aan Jesus voor om ‘n aardse en politieke Messias te word, oorklee met rykdom, aansien en aardse mag. Jesus verwerp dit en kies die weg van absolute gehoorsaamheid aan die wil van God. In aansluiting by die Stem wat by Sy doop uit die hemel gehoor is, begin Satan die versoeking deur Jesus uit te daag om met ‘n wonderdaat te bewys dat Hy waarlik die Seun van God is. Satan sluit sy versoeking verder aan by die liggaamlike nood, die honger van Jesus. Satan het geweet wie Jesus was, sy plan was om Jesus te oorreed om die Vader se plan vir Sy lewe te verwerp. Jesus weier om sy bonatuurlike mag te gebruik om die kos te kry waarvoor Hy sy Vader vertrou.
vers 4: “Maar Hy antwoord… Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.”
“elke uitspraak van God “ – dit voed ons gees geestelike nood wat ons in ewigheid sal bevoordeel, teenoor voedsel wat net ‘n tydelike uitkoms gee aan ons fisiese behoeftes.
vers 5-6 “… en sê vir Hom: As u die Seun van God is, spring hier af! Daar staan immers geskryf…“
Ook die 2de versoeking is ‘n dubbele aanval; nog al die tyd wil Satan dat Jesus sal bewys dat Hy die Seun van God is, maar nie nou om sy liggaamlike nood nie, maar op grond van die woorde van Psalm 9111-12, wat Satan aanhaal.
Satan verdraai die betekenis van Psalm 91:11-12 wat handel om God te vertrou en dit te probeer regverdig om God te toets.
vers 7: “Jesus sê vir hom: Daar staan ook geskryf ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.’ “
Jesus antwoord met ‘n aanhaling uit Deurtronomium 6:16. Die verhaal is waar die Israeliete die Here uitgedaag het om water te voorsien, gedeelte in Eksodus 17:2-7.
verse 8-9: “… en sê vir Hom: Dit alles sal ek vir u gee as u neerkniel en my aanbid.”
Derde versoek: Satan is die heerser van hierdie wêreld (Johannes 12:31; 14:30; 16:11) en bied Hom die heerskappy van hierdie wêreld aan sonder dat Hy daarvoor hoef te ly. Alleen moet Hy Satan en nie God nie as die gewer erken.
vers 10: “Jesus sê vir hom: Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”
Jesus noem Satan by die naam om hom aan te sê dat hy die teenstaander van God is. Alleen God is aanbiddelik. Jesus antwoord met ‘n aanhaling uit Deutronomium 6:13.
verse 11: “die Duiwel Hom met rus gelaat, en kyk, daar het engele gekom en Hom versorg.”
Op die gesagvolle bevel van Jesus en Sy onwrikbare weerstand gaan Satan weg.
Psalm 91:11 – 12, die gedeelte wat Satan probeer verdraai, word deur die Vader vervul op Sy manier en op die Vader se perfekte tydsbestemming.
HOOFSTUK 1:1-8
Die Evangelie vind sy begin in die optrede van Johannes die Doper wat die brug slaan tussen die Ou en die Nuwe Testament
vers 1: “die Evangelie van Jesus Christus die Seun van God”
die evangelie -dit beteken: goeie nuus
Jesus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “Yeshua” – albei woorde beteken Verlossing
Christus – is die Griekse naam vir die Hebreeuse naam “”Mashiach” – albei woorde beteken Gesalfde. Afrikaans: Messias
Markus gee die redes hoekom hy sy Evangelie geskryf het, naamlik om die vraag te beantwoord: Wie is Jesus werklik?
Hy gee die antwoorde: Jesus is nie net die Messias nie, Hy is die Seun van God.
verse 2-3: Die aanhaling uit Mal 3:1 en Jes 40:3 le die eenheidsband tussen die Ou en Nuwe Testament, heenwysings na Johannes die Doper as wegbereider. Volgens die plan sou daar eers ”n boodskapper” gestuur word om die koms van die Messias aan te kondig en die pad vir Hom reg te maak.
Die Jode het verwag dat die Messias se koms voorafgegaan sou word deur die koms van ‘n profeet soorgelyk aan Elia.
vers 4: “doop van bekering… die vergewing van sondes”
Johannes die Doper het die mense opgeroep tot bekering. Dit behels ‘n totale, nuwe toewyding aan God. As bevestiging van die nuwe lewenstyl is hulle dan in die Jordaan gedoop. Op grond van die Ou Testament het die Joodse volk verwag dat daar in die laaste dae so ‘n groot beskermingsproses sou plaasvind (Jer 31:34). Volgens Markus is dit presies wat nou aan die gebeur is.
vers 7: “Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van Sy sandale los te maak nie.”
Een van die basiese take van ‘n slaaf, was om die riempies van sy meester se sandale los te maak. Die Een wat kom, is so belangrik dat Johannes nie eers werd is om te buk en Sy sandale los te maak nie. Uitdrukking van Johannes se nederigheid, hy wou die aandag ten volle op Jesus plaas.
vers 8: “… Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Dit gebeur wanneer iemand in Jesus begin glo.
HOOFSTUK 1:9-11
Jesus begin Sy openbare lewe na die doop deur Johannes
vers 9: “… en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.”
Hoekom het Jesus Hom laat doop?
- Die antwoord is in Matt 3:15, Jesus was gedoop omdat dit nodig was vir die vervulling van alle geregtigheid.
- Deur die doop het Jesus Hom met die sondaar vereenselwig.
- Jesus se doop het as teken gedien vir Johannes en vir toekomstige gelowiges, dat Hy die Messias was.
- Deur Sy doop was Johannes se bediening om die weg van die Messias voor te berei nou voltooi.
- Belangrike nog dat God die Vader self bevestig dat Jesus sy Seun is, sien vers 11.
vers 10: “Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos ‘n duif op Hom sien neerdaal”.
Duif is die simbool van vrede, reinheid en lydsaamheid; kom die Heilige Gees op Jesus om Hom toe te rus vir Sy publieke lewe.
vers 11: ” ‘n stem uit die hemel ‘Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!’ “
Hierdie woorde sluit aan by Ps 2:7 en Jes 42:1, waardeur God nie net bevestig dat Jesus sy Seun is nie, maar reeds se dat Hy ook God se lydende dienskneg sal wees. Die Hoogste Gesag het gese wie Jesus is.
Ps 2:7 “Jy is my Seun, vandag het Ek Jou verwek.”
Jes 42:1 “Kyk hier is my Dienskneg wat Ek ondersteun. My Uitverkorene in wie my binneste vreugde vind. Ek het My Gees op Hom laat kom. Hy sal reg vir die nasies laat deurbreek.”
HOOFSTUK 1:12-13 Die Versoeking
Breedvoerig beskryf in Matt 4:1-11 en Luk 4:1-13
vers 12: “Direk daarna het die Gees Hom…”
Jesus se versoeking vind dadelik plaas na Sy doop.
vers 13: “Hy was 40 dae lank…”
Net soos Moses (Eks 34:28) en Elia (1 Kon 19:8) vertoef Jesus daar sonder voedsel. Daar word Hy deur Satan versoek.
vers 13: “Hy was saam met wilde diere…”
‘n Aanhaling uniek aan Markus, wat Jesus se alleenheid en algehele isolasie van ander mense aandui.
HOOFSTUK 1:14-15 Die begin van Jesus se verkondiging
Tussen vers 13 en vers 14 is die gebeure wat plaasvind in Joh 1:35 – 4:54, n tydperk van ongeveer een jaar:
- Eerste dissipels
- Bruilof by Kana
- Reiniging van die tempel terrein; gesprek met Nikodemus
- Prediking in die laer omgewing van die Jordaan
- Jesus en die Samaritaanse vrou
- Genesing van die amptenaar se seun
Die groeiende vyandskap van die Fariseers en Herodes Antipas se gevangenskap van Johannes die Doper het Jesus laat besluit om verder weg van Jerusalem te gaan, vestig toe in Galilea.
vers 14: “Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan…”
Hy het gese:……..
vers 15: “Hy het gese: Die bestemde tyd is vervul, en die koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”
“Die bestemde tyd is vervul” – Alles wat volgens die here moes plaasvind en wat deur die profete aangekondig is, is nou vervul; die tyd van die Here het aangebreek.
“… die koninkryk van God is op hande” – Die openbaring van die heerskappy van God. Dit geskied nie deur die oprigting van ‘n sigbare aardse ryk nie, maar deur die onderwerping van Satan. Die ryk breek aan by die koms van Jesus en vind sy voleinding by die wederkoms.
“Bekeer julle en glo…” – 2 voorwaardes om deel te wees van Sy koninkryk: bekeer en glo.
HOOFSTUK 1:16 – 20
Roeping van eerste dissipels
2 Broerpare word geroep
vers 16: Simon en Andreas
vers 19: Jakobus en Johannes
vers 17: Jesus se “Volg My en Ek sal julle vissers van mense laat word”
Die volgende aspekte van dissipelskap kom hier na vore in verse 16 – 20:
- Jesus, en nie die voornemende dissipel nie, neem die inisiatief en roep sy eerste dissipels.
- Dat hulle met ‘n spesifieke doel geroep word (om vissers van mense te wees).
- Dat hulle bereid is om dadelik alles te los om Hom te volg.
HOOFSTUK 1:21 – 28
Jesus genees iemand met ”n onrein gees
Jesus leer met gesag en demonstreer Sy mag oor onrein geeste.
vers 21 – 23:
Plek: Kapernaum in die Sinagoge
Dag van die week: Sabbat
Streek: Galilea
Genees wie: Naam onbekend, ‘n man met ‘n onrein gees.
vers 24: “hy het hard geskreeu: Los ons uit Jesus van Nasaret! Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet wie U is – U is die Heilige van God.”
Ons – Die onrein gees in die meervoud praat, die bose geeste in die algemeen; hulle weet dat Jesus gekom het om hulle te vernietig.
Ek weet wie U is…” – Omdat die man onder beheer van Satan is, weet hy wie Jesus is. Jesus is gevul met die Heilige Gees; dus is Hy die heilige an God.
vers 25: “Bly stil en gaan uit hom uit!”
Jesus wil nie ontydig en sekerlik nie by monde van ‘n bose gees, as die Messias bekend gesel word nie. Hy sou Homself bekend stel, maar dan op die tyd en wyse deur God bepaal, naamlik deur lyding, dood en opstanding (sien ook vers 34).
vers 26: “… die onrein gees… uit hom uitgegaan”
Die onreine gees kon teen die woord van Jesus geen weerstand bied nie.
Dit is belangrik om raak te sien dat niemand anders as die onrein geeste op hierdie stadium besef wie Jesus werklik is nie. Nie die ander mense of selfs die dissipels besef nog wie Hy werklik is nie.
HOOFSTUK 1: 29-31
Skoonmoeder van Simon/Petrus word genees
vers 29: Nadat hulle uit die sinagoge gekom het…”
Die gebeure vind plaas op dieselfde Sabbat van vers 21-28.
vers 31: “Hy het na haar gegaan, haar hand gevat en haar opgehelp. Die koors het haar verlaat…”
HOOFSTUK 1:35 – 39
Jesus se prediking in Galilea
vers 35: “Vroegoggend… ‘n verlate plek… het Hy gebid.”
Hier beklemtoon Markus hoe belangrik gebed vir Jesus was. Dat Jesus bid, wys ook dat Hy nie op Sy eie optree nie, maar in afhanklikheid van die Vader.
vers 37: “Almal soek U.”
Die mense begin bewus raak van die wonderwerke wat Jesus doen en begin na Hom soek.
vers 38: “”Laat ons… na naburige dorpies gaan…”
Jesus moet na die omliggende dorpe toe gaan sodat Hy ook daar kan preek. Dit is immers waarvoor God Hom gestuur het.
HOOFSTUK 1:40 – 45
Jesus maak ‘n melaatse man gesond
vers 40: ” ‘n Melaatse kom toe na Jesus… en se: As U wil, kan U my rein maak”
‘n Melaatse – Destyds is die begrip “melaatsheid” vir ‘n groot verskeidenheid velsiektes gebruik. Mense wat as “melaatses” beskou is, moes hulle van die samelewing onttrek en het dikwels buite stede en dorpe gewoon omdat hulle as onrein beskou is.
vers 41: “Jesus het hom innig jammer gekry… hom aangerek… Ek wil word rein.”
“Jammer gekry” – Net Markus skryf van Jesus se emosies. Die klem val op Jesus se liefde vir die mensdom.
“hom aangeraak” – Jesus steur Hom nie aan sosiale reels dat ‘n mens nie aann melaatses mag raak nie.
“wil word rein” – Letterlik, word gesond. Die word lei tot die wonder.
vers 42: “die melaatsheid… onmiddellik verlaat… rein geword”
Dit bevestig Jesus se goddelike mag as die Seun van God.
vers 44: “Jesus hom… gewaarsku… vir niemand iets vertel nie… gaan wys jouself vir die priester… bring die offer vir jou reiniging… as bewys vir hulle.”
“vir niemand iets vertel nie” – Jesus wou nie deur gerugte van wondere die aandag trek nie, maar op Sy eie tyd en wyse Homself as die Messias openbaar.
“gaan wys jouself aan die profeet” – Die priester moes bevestig dat die man nie meer belaats en dus nie meer onrein was nie. Voorskrifte in Lev 13:49; 14:2-32 uitgevoer moes word, sodat hy rein verklaar en weer in die samelewing opgeneem mag word.
“offer vir jou reiniging” – die melaatse man moes ook offers bring om rein verklaar te word.
“as bewys vir hulle” – Die priester se aanvaarding van die man se offer het as publieke bevestiging gedoen vir sy gesondmaking en reinheid.
HOOFSTUK 2:1-3:6
In hierdie deel word 5 konflikverhale vertel
1ste Konflikverhaal
2:1-12 – Jesus vergewe ‘n verlamde man se sonde en genees hom, die skrifkenners is ontevrede oor Jesus se optrede.
2de Konflikverhaal
2:13-17 – Fokus op Jesus wat kontak het me tollenaars. Tollenaars is as “sondaars” beskou en deur mense vermy.
3de Konflikverhaal
2:18-22 – Handel oor die feit dat Jesus en Sy dissipels nie gewas het nie.
4de Konflikverhaal
2:23-28 – Word Jesus en Sy dissipels verwys dat hulle die Sabbat oortree.
5de Konflikverhaal
3:1-6– Die punt van dispuut is weer dat Jesus iemand op die Sabbat gesond maak.
HOOFSTUK 2:1-12
Jesus vergewe en genees ‘n verlamde persoon
Dorp: Kapernaum
Plek: In ‘n huis, heel waarskynlik in die huis van Petrus se skoonmoeder.
vers 3: ” ‘n verlamde gedra deur vier van hulle…”
vers 4: ” ‘n deel van die dak… oopgebreek… laat afsak”
Die vier manne wat die verlamde dra is vasbeslote om Jesus te bereik ten spyte van die skare.
vers 5: “Toe Jesus hulle geloof sien, se Hy vir die verlamde man: Kind, jou sondes word vergewe.”
Die volharding van die draers en die sieke getuig van hulle geloof in Jesus as enigste Redder. Hulle geloof word deur Jesus gesien.
“sondes word vergewe” – Slegs God kan sondes vergewe. Omdat Jesus die Seun van God(en ook die Seun van die Mens) is, het Hy die Goddelike gesag om sondes te vergewe.
Die agtergrond van hierdie gebeure is die Joodse opvatting van daardie tyd dat siekte deur ‘n mens se sonde veroorsaak is. Uit vers 5 kan ‘n mens aflei dat Jesus by hierdie gedagte aansluit: Die man se sonde word vergewe en dit loop uit op sy liggamlike genesing.
vers 7: “Hy laster!”
Die skrifkenners beskou Jesus as ‘n blote mens;’ daarom kan hulle nie aanvat dat Hy die mag het om sondes te vergewe nie. Die skrifkenners het geweie om Jesus se krag wat Hy van God ontvang het te erken en minder ook dat Hyself ook God is.
vers 8: “Jesus in Sy gees geweet”
Die Almagtige weet alles! Hy weet wat hulle dink.
vers 10: “Seun van die Mens”
Jesus gebruik die naam vir Homself om sy vernedering te benadruk. Die benaming verskyn 14 keer in Markus (2:10, 28 / 8:31, 38 / 9:9, 12, 31 / 10:35, 45 / 13:26 / 14:21, 41, 62).
vers 11: “Ek se vir jou [1] staan op, [2] tel jou slaapmat op en [3] gaan na jou huis“
Jesus gee vir die verlamde man 3 spesifieke opdragte:
- Die vergewing van sy sondes, en daarna
- Die gesondmaking van die liggaam
Jesus moes eers die man ten volle vryspreek van sy sonde en alle skuldgevoel verwyder. Die Griekse werkwoord “word vergewe” in vers 5 beteken “om weg te stuur”.
vers 12: “almal verbaas was en God geprys…”
Sodanig is Jesus se optrede dat nie Hy nie, mar God die Vader, alle eer ontvang.
HOOFSTUK 2:13 – 17
Jesus roep Levi (Mattheus) die tollenaar om Sy dissipel te word
vers 14: “sien Hy Levi… by die tolhuis sit… se vir hom: Volg My!”
Volgens Matt 9:9 heet hy Mattheus, word een van die 12 dissipels.
“tolhuis” – Die tolhuis dien as belastingkantoor gelee op ‘n kruispunt van hoofwee. Levi was ‘n publieke belasting invorderaar. As tollenaar was hy ‘n uitgeworpene, alhoewel hy ‘n Jood was, het hy vir die gehate Romeinse oorheersers gewerk en is dus as ‘n verraaier beskou. Tollenaars het ook dikwels meer geld van die mense geneem as waarop hulle eintlik geregtig was. Baie van die tollenaars het so baie ryk geword ten koste van hul eie mense.
“volg My! … opgestaan en Hom gevolg”
Volg My! – Die gehoorsaming van die oproep beteken gelyktydig die bevryding van sondes en van aardse gebondenheid. Hierdie dadelike aksie van Levi is ‘n aanduiding van sy ommekeer, sy sonde belydenis en vergifnis.
vers 15: “Jesus in Levi se huis… vir ete… baie tollenaars en sondaars saam met Hom”
Vir Jesus, sy Redder, rig Levi ‘n maaltyd aan waarby hy sy beroepsvriende, tollenaars en sondaars, uitnooi om Hom van nader te leer ken.
Deur saam met die tollenaars en sondaars te eet, het Jesus Hom met hulle geassosieer en sou hy volgens destydse beskouing ook onrein wees.
“sondaars” – ‘n Term wat die Jode gebruik het om mense te beskryf wat geen respek vir die wet of hulle Joodse tradisies het het nie. Omdat hulle die wette nie onderhou nie, is tollenaars en sondaars as onrein beskou; daarom is die reine Farriseers verontwaardig en hou hulle afsydig.
vers 16: “Farriseers” – ‘n groep onder die Jode wat streng volgens die letter van die wet probeer leef. Leef dus meer op uiterlike wetsgetrouheid as die innerlike.
vers 17: “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars”
Die skrifkenners en Fariseers het hulself as “gesond en regverdig” beskou. Volgens Joodse beskouing was mense wat voorbeeldig gelewe het en die wet nagekom het nie sondaars nie. Jesus het egter gekom vir diegene wat besef dat hulle “sondaars” is.
HOOFSTUK 2:18-22
Vastyd en Feestyd
vers 18: “Johannes se dissipels en die Fariseers was besig om te vas”
Johannes was alreeds in die tronk (sien Matt 4:12).
Die disspipels het nie Jesus gevolg nie, maar die Farisese tradisies gevolg (sien ook Matt 9:14).
“om te vas” – Om te vas was ”n baie belangrike gebruik in die Jodedom. Die Fariseers het elke week 2 dae gevas (sien Luk 18:12). Dit is bedoel as’ ‘n teken van rou oor ‘n groot verlies, andersins was dit ‘n teken van selverloening en berou oor jou sondes.
vers 19: “Jesus se: ‘Die bruilofsgaste kan tog nie vas terwyl die bruidegom by hulle is nie?'”
Die beeldspraak het Messiaanse betekenis (sien ook Matt 25:1). Die bruidegom is die Messias en so dui Jesus Homself hier aan.
Die bruilofsgaste, sy volgeling wat ‘n troue seremonie bywoon, sal tog nie vas nie, hulle is daar om die feesviering saam met die bruidegom (Messias) te geniet.
Dit was dus nie vir Jesus se dissipels nodig om te vas nie, die tyd daarvoor was nie reg nie (sien 2de deel van vers 19: “Solank hulle die bruidegom (Messias) by hulle het, kan hulle nie vas nie”.)
Daar was geen rede vir Jesus se dissipels om te vas of om te rou nie, dit was ‘n tyd om Jesus se teenwoordigheid ten volle te geniet.
vers 20: “bruidegom van hulle weggeneem word: dan sal hulle vas…”
“weggeneem” – Verwysing na Jesus se kruisiging en dood. Hulle sal dan vas as ‘n teken van droefheid omdat Jesus van hulle weggeneem is.
Jesus gee 2 gelykenisse:
vers 21: “Niemand werk ‘n ongelompte (nuwe) stuk lap op ‘n ou kledingstuk vas nie; anders skeur die nuwe stuk van die oue af en word die skeur net groter.”
vers 22: “Niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die wyn die leersakke laat oopbars, en sowel die wyn as die leersakke sal tot niet gaan. Nee, nuwe wyn in nuwe leersakke!”
Met die beeld van die nuwe lap op ‘n ou kleed en van die nuwe wyn in die ou leersakke, wil Jesus se dat Hy ‘n nuwe era en ‘n nuwe bedeling gebring het wat nie met die ou godsdienstige vorme pas nie. Jesus se nuwe ewige boodskap van belydenis en vergifnis van sonde kan nie vermeng word met die ou tradisies van self regverdigheid en rituele nie.
“nuwe leersakke” – Nuwe en ongebruikte leersakke is sterk en elasties om die fermentasie proses van nuwe wyn te hanteer.